Stoffie staatmaker groet na 28 jaar

“Ek verhuis na Pretoria sodat ek meer tyd saam met my kleinkinders kan spandeer.”

Lulu Labuschagne (65), wie vir baie bekend is as die “kantoor tannie” by Hoërskool Stoffberg, lê na 28 jaar en sewe maande die tuig neer.

Lulu het vertel dat sy op 1 September 1992 by Hoërskool Stoffberg begin werk het as ontvangsdame.

“My rol by die skool was finansies, alhoewel ek glad nie gedink het dat ek myself ooit in ’n finansiële pos sou sien nie,” het Lulu vertel.

“Ek het ook deur al die jare uitgehelp met die snoepie asook verkope by al die sportbyeenkomste. Ek het dit vreeslik geniet.”

Sy het vertel dat sy gedurende die byna 29 jaar baie dinge ervaar het en dat elk dag ’n ander belewenis was.

“My gunsteling tyd was altyd wanneer die skool weer begin na ’n vakansie of breek.

“Almal is dan so opgewonde en gesels heeldag, die gees kan sommer aangevoel word. Dit is beslis iets wat my vir altyd sal bybly.”

Sy het ook groot lof vir kollega Renè van der Westhuizen (63).

ALSO READ: 

Stoffies se hoofleiers is reg vir 2020

“René is die kollega met wie ek die langste saam gewerk het.

“Sy het selfs voor my by die skool begin en is die vriendelike en verwelkomende gesig wat jy sien wanneer jy by Stoffberg se kantoor instap.

“Ek is hartseer om weg te gaan, maar tog het ek bietjie gemengde gevoelens.

“Ek was ’n leeftyd by die skool en ek gaan die mense vreeslik mis, maar ek sien tog uit na die nuwe hoofstuk,” het Lulu gesê.

“Ek verhuis na Pretoria sodat ek meer tyd saam met my kleinkinders kan spandeer.

“Daar is vier van hulle. Die oudste een is sewe jaar, daar is een van vyf jaar en dan is daar twee wat drie jaar oud is.

“As ek die klok kon terug draai sou ek definitief dieselfde besluite geneem het.”

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version