Local newsNews

In die Kollig

Rickus Muller (32) is die nuut-aangestelde departementshoof van Laerskool Die Arend se Skoolgebaseerde Ondersteuning Span.

Muller woon saam sy vrou, Simuné (25), en hulle ses-maande-oue seuntjie, Delrico, in Heidelberg.

Wat behels jou pos?
Ek is in beheer van die Skoolgebaseerde Ondersteuning Span. Leerders wat enige leerprobleme, struikelblokke of skolastiese uitdagings ervaar, word deur ons span geïdentifiseer en dan sodanig hanteer.

Wat wil jy graag bereik in die nuwe pos en wat is jou hoof fokuspunte?
Die pos is vir my die ideale geleentheid om leerders in die regte rigting te lei, om sodoende hul volle potensiaal te kan bereik.

Wat was jou rol voordat jy die pos aanvaar het?
Ek was werksaam te Laerskool Hannes Visagie as wiskunde vakhoof.

ALSO READ:

In die Kollig

Gee ’n kort beskrywing van jou loopbaan?
Ek het tot die onderwys toegetree in 2009 by Laerskool AG Visser, hoofsaaklik as wiskunde opvoeder vir graad sewe. Ek is ook ’n passievolle sport afrigter in rugby, krieket en atletiek, waar ek myself bekwaam het as rugby skeidsregter. Ek was vir sewe jaar afrigter van die eertse rugbyspan, asook Bokkieweek afrigter. In 2017 het ek die pos as wiskunde vakhoof by Laerskool Hannes Visagie aanvaar, waarna ek in 2021 die pos by Laerskool Die Arend aanvaar het.

Gee jy ook onderwys?
Ja, ek gee tans wiskunde vir graad sewe leerders.

Sou jy sê dat skole dalk vandag te veel klem op sport en kompetisie tussen mekaar lê?
Nee, ek glo dat gesonde kompetisie ’n belangrike element is in ons kinders se ontwikkeling. Die skole is uitstekend in hulle strewe om alle leerders ’n kans te gun om hul volle potensiaal uit te leef.

’n Goeie balans tussen akademie en sport is belangrik, waarom dink jy speel beide ’n rol in ’n kind se lewe?
Absoluut. Dit is baie belangrik vir ’n kind om balans te leer. Akademie is noodsaaklik, aangesien dit jou intellektuele vaardighede ontwikkel. Dan is dit ook belangrik om ’n gebied te vind waarin die kinders hulself kan uitleef, aldus sport of kultuur. Hierdie aktiwiteite ontwikkel juis fisiese en sosiale vaardighede.

Toe jy jonk was, wat wou jy doen as jy eendag groot is?
Ek wou nog altyd met mense werk. Dit is my passie.

Wat is drie goeie eienskappe van ’n onderwyser?
Passie, deursettingsvermoë en geduld.

As jy vir ’n maand lank enige plek in die wêreld kon heen gaan, waarheen sou jy gaan?
Bosveld, beslis.

Vertel ons een interessante feit van jouself?
Ek het vir vier jaar vir die Valke uitgedraf.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button