Geen keer aan die bondeltjie talent

 Ek is baie trots op al my harde werk.

Kaylee Deetlefs (8), ’n graad drie leerder aan die Sonneveld Akademie, is op haar gelukkigste wanneer sy soos haar ma sê ’n regte klein “drama queen” kan wees.

Die magdom sertifikate en trofeë wat sy reeds danksy haar talente versamel het, is oorgenoeg bewys van die jong kind se vermoë om te presteer.

Sy woon saam met haar ouers, Annika (30) en Matthew (32), in Brenthurst.

“Ons is baie trots op Kaylee wat haar talente ten volle uitleef in akademie, sport en kultuur,” het Annika vertel.

Kaylee het vertel: “Kultuur is my gunsteling. Ek werk baie hard aan dit en geniet elke oomblik. My ma sê altyd dat ek ’n gebore ‘drama queen’ is en dat ek kon dans voor ek kon loop.

 

LEES OOK:

 Jong man kry die ja-woord om middernag

“Ek het begin dans toe ek drie jaar oud was en uit al my kultuurafdelings is dans my gunsteling, omdat ek dit kan doen waar ook al ek gaan.

“Ek geniet veral moderne dans, maar ek sal graag eendag ’n ballerina wil word.”

Sy het genoem dat sy vanjaar baie opgewonde is oor die redenaars-tema van haar graad, naamlik “Die wonder van die kunste is ’n wonderwerk”.

“Nou kan ek praat oor drama, kuns en dans en dit is al my gunsteling onderwerpe.”

Kaylee het vertel dat sy in graad twee begin het om aan redenaars deel te neem en dat sy met haar eerste deelname ’n trofee ontvang het.

“Ek het dit glad nie verwag nie,” het sy gesê.

Sy het sedert die begin van 2020, 173 sertifikate en sewe trofeë vir haar prestasies ontvang.

“Ek het ’n rukkie gelede televisie gekyk en op KykNET gesien dat ek kon inskryf vir ’n kompetisie genaamd ABS-Produksies se Speeltoneel.

“Desire Gardner, ’n akteur van Suidooster, is my mentor vir ’n volle jaar. Sy lei my en stel my bloot aan wat dit neem om ’n aktrise te wees.

“Ek is ook ’n rol gewaarborg waar ek op televisie sal verskyn, en daaroor is ek baie opgewonde. Dit is alles harde werk waarop ek baie trots is. Ek offer baie naweke op, maar dis die moeite werd.”

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version