Die Anker atlete vaar goed by SA’s

Die atlete en hul afrigters het baie hard gewerk.

Drie atlete van Hoërskool Die Anker het verlede week aan die SA-kampioenskappe in die Paarl deelgeneem.

Al drie die atlete het Sentraal-Gauteng verteenwoordig, wat ’n algehele tweede plek tydens die byeenkoms behaal het.

Theodore Vermaak, ’n graad 11 leerder, het geskitter in die 400m vir seuns deur ’n sewende plek te behaal in die finaal.

Ettienne Smit het sy spies meer as 54m gegooi in die finaal om sodoende ’n uitstekende vyfde plek te behaal vir seuns o-15.

ALSO READ:

 Die Anker verwelkom drie leerkragte

Nantus Joubert, wat deelgeneem het aan gewigstoot seuns o-17, het ’n persoonlike beste afstand van 18.29m gestoot. Met dié briljante afstand het hy ook die bronsmedalje verower in dié item.

“Die atlete en hul afrigters het baie hard gewerk in moeilike omstandighede tydens die inperking en die skool is baie trots op elkeen van hulle,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version