In die Kollig

Nathan Evans (17) is Sonneveld Akademie se hoofseun vir 2021. Hy woon saam met sy pa, Hennie Evans (43), in Minnebron.

Nathan Evans (17) is Sonneveld Akademie se hoofseun vir 2021. Hy woon saam met sy pa, Hennie Evans (43), in Minnebron.

· Die laaste jaar van jou skoolloopbaan snel vinnig verby. Wat het tot dusvêr vir jou uitgestaan as hoofseun en was daar ’n oomblik wat jy liewer sou wou vergeet?
Die oomblik toe die hoof aankondig het dat ek hoofseun van my skool is, sal ek vir altyd onthou. Daar was nog nie ‘n oomblik wat ek sou wou vergeet nie.

· Wat behels jou pligte as hoofseun?
Om ‘n voorbeeld te stel en deur my optrede die welsyn van my mede leerders te verseker. Om ‘n positiewe gesindheid oor te dra en te bevorder en toe te sien dat almal die skoolreëls ken en toepas. Om daar te wees vir die onderwysers sowel as mede leerders en hulp te verleen waar en wanneer dit nodig is.

· Wat maak van ’n mens ’n goeie leier?
Ek dink die volgende eienskappe: Wees altyd nederig, respekteer almal en hul sienswyses, luister en tree alter met begrip op, stel altyd self ‘n goeie voorbeeld, wees trots op jou skool en hul waardes, glo in God maar glo ook in jouself.

· Wat sal jou grootste uitdaging vanjaar wees?
Om suksesvol te wees as volwaardige hoofseun van Sonneveld Akademie, maar ook om in totale balans suksesvol en na die beste van my vermoë op akademiese vlak, kultuur en sport te presteer.

LEES OOK: 

In die Kollig

· Beoefen jy sport of ander aktiwiteite by die skool en dink jy dit is belangrik dat leerders betrokke moet raak?
Ek neem deel aan atletiek. Ek dink dit is beslis baie belangrik op liggaamlike sowel as geestelike vlak dat leerders betrokke moet wees by alle sport en aktiwiteite wat deur die skool aangebied word.

· Het jy al besluit watter beroep jy gaan volg en wat is die plan van aksie?
Ek het reeds besluit op ‘n beroep in rekenaarwetenskap en programmering. Ek is ook van plan om myself deeltyds as ‘n goudsmid te bekwaam.

· As jy vir een dag die president van die land kon wees, wat sou jou jy doen?
Ek sou die “rewind” knoppie wou druk en die grondwet herskryf. Dan sal ek die land en sy mense heeltemal van die grond af wil opbou. Alles wat geen doel dien sou ek afbreek en ook van nuuts af herbou.

· Beskryf jouself in vyf woorde.

Gelowig, eerlik, hardwerkend, betroubaar, nederig.

· Wat is jou siening oor eksamens, dink jy ‘n toets of praktiese ervaring baat jou meer?
Ek dink dat toetse sowel as praktiese ervaring nodig is, omdat die een sonder die ander niks beteken nie. Met ander woorde, kennis gaan my nie baat as ek nie weet hoe om dit prakties toe te pas nie.

· Watter vak sou jy eerder wou vermy in jou skool loopbaan?
Geen vak, want ek voel elke vak speel ‘n rol in die bepaling van die eindresultaat van my toekoms.

· Hoe sou jy graag wou hê dat jou mede-leerders en onderwysers jou onthou?
As ‘n persoon wat in myself glo, weet wie ek is, waar ek vandaan kom en waarheen ek op pad is. Iemand wat ‘n impak gemaak het.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version