Local newsNews

Nuwe atletiekspan druk stempel af

Covid-19 baie beperkings op sport geplaas

’n Klein plaaslike atletiekspan, wat onlangs onder leiding van Warren Burger op die been gebring is, vaar besonder goed.

“Die span is gestig met die doel om ander atlete die kans te gee om deel te neem aan atletiek, aangesien die pandemie baie beperkings op sport geplaas het,” het Burger verduidelik.

“Ons atlete oefen op ’n daaglikse basis en stel ons glad nie teleur nie.

“Ons het tydens ons eerste byeenkoms vier goue, agt silwer en twee brons medaljes verower.”

Dié byeenkoms het plaasgevind tydens Hoërskool die Anker se eerste rondte interhuis wat onlangs gehou is.

LEES OOK:

 Morries se leerders presteer in atletiek

Die span is weer genooi om deel te neem aan Hoërskool die Anker se Olimpiese Spele wat onlangs plaasgevind het en die atletiekspan die volgende prestasies behaal:

• Ruan Smith (o-15) ontvang ’n brons medalje vir verspring, ’n silver vir 100m hekkies en ’n goud vir hoogspring.

• Kaylene Sieberhagen (o-17) ontvang ’n silver medalje in die 800m, ’n brons in die 400m en 200m.

• Chante Blignout (o-19) ontvang goud vir hoogspring, die 100m asook die 200m.

• Ethan Burger (o-17) ontvang ’n silver medalje in die 100m en 200m, ’n goud in die 110m hekkies, verspring en hoogspring.

• Franco du Preez (o-17) ontvang ’n brons in die 400m en ’n silver vir verspring.

• Desre Phillips (o-17) ontvang goud in verspring en brons vir sy 100m en 200m.

• Katherine Kau (o-15) ontvang ’n silver medalje vir 100m en 100m hekkies, ’n brons medalje vir 200m asook goud vir verspring en hoogspring.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button