In die Kollig

Francois Blaauw (22), ’n nwoner van Sonneveld, het onlangs as oorwinnaar uit die stryd getree by die State Mines-buiteklub se kampioenskappe.

Hoe oud was jy toe jy begin gholf speel het?Ek was vyf jaar oud toe ek begin speel het en het op sewe-jarige ouderdom vir die eerste keer aan ’n wêreldkampioenskap deelgeneem, waar ek gewen het.

Waar kom die liefde vir gholf vandaan?
Dit kom van Ernie Els en Tiger Woods se era af. Beide is groot rolmodelle vir my.

Aan hoeveel toernooie het jy al deelgeneem? Watter een staan uit en waarom?
As ek moet skat, sowat 200 toernooie. Die een wat uitstaan is beslis die 2011 se European Championships wat in Skotland plaasgevind het. Skotland staan vir my uit omrede dit is waar gholf begin het.

Die vooruitsig is om binnekort professioneel te begin speel. Is dit iets waaraan jy al lank werk?
Ja, ek wil beslis binne die volgende paar maande professioneel gaan, maar ek is nie oorhaastig nie. Ek probeer om die dissipline en “mental” aspek eers te bemeester.

Wie is jou gunsteling gholfspeler en waarom?
Rory McElroy sonder twyfel, omrede hy altyd nederig is, maak nie saak hoe goed hy is of hoe baie geld hy het nie.

Hoe gereeld oefen jy?

Ek oefen tussen drie en vier keer ’n week gholf vir vier ure ’n dag, anders as dit neem ek deel aan toernooie.

LEES OOK: 

In die Kollig

Volg jy ’n spesifieke dieet of oefenprogram om fiks en gesond te bly?
Ek doen CrossFit drie keer ’n week, dit help baie met my maag en bene en dit is noodsaaklik. Ek gaan ook drie keer ’n week gimnasium toe. Ek drink so vier liter water ’n dag.

Watter gholfbaan is jou gunsteling en waarom?
Royal Johannesburg. Dit die mooiste baan in Suid-Afrika en die baan pas my spel baie goed.

Op watter baan in die wêreld sou jy graag eendag wil speel?
St Andrew’s in Skotland is beslis heelbo op my lys. Die rede daarvoor is die feit dat dit is waar gholf ontstaan het.

Watter ander stokperdjies het jy?
Ek speel aksie-krieket en muurbal. As my gholf skedule dit toelaat, jag van tyd tot tyd.

Wat is jou gunsteling wegneemete?
KFC, vir seker.

Waar sien jy jouself oor 10 jaar?
As iemand wat ander mense wil help en deur harde werk voltyds te speel op die PGA-toer.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version