Local newsNews

Diereliefhebber wil terug ploeg

“Ek werk ook met ’n ongelooflike span en vir hulle is ek opreg dankbaar.”

Benjamin Roets (22) is gewoonlik die eerste gesig wat jy sien wanneer jy by die Brakpan DBV instap.

Dié diereliefhebber werk al vir 18 maande by die DBV en studeer ook tans om ’n veearts tegnikus te word, met die oog daarop om terug te gee aan die gemeenskap.

“Ek wil graag ’n verskil en bydrae maak deur die werk te doen wat nodig is in landelike gebiede en veral primêre gesondheidsorg te verrig,” het Benjamin vertel.

“My passie is diere en ek wil help waar ek kan. As ek deur my werk ook aannemings kan aanhelp is dit ’n bonus.

“Een van die grootste uitdagings by die DBV is dat ons nie ’n voltydse veearts by ons het nie, maar ons vind tog maniere om dit te oorbrug,” het Benjamin gesê.

“’n Ander uitdaging wat ek daagliks in die gesig staar, is die wyse waarop sommige mense teenoor diere optree.

“Ek sien elke dag waartoe mense in staat is en hoe harteloos hulle kan wees.

LEES OOK: 

Bestuurder ernstig beseer na vragmotor in boom ploeg

“Gelukkig sien ek terselfdertyd ook hoe mense ongelooflik omgee vir diere.

“Daar is dié wat uit hul pad sal gaan vir ’n dier, wat alles weer die moeite werd maak.

“Ek werk ook met ’n ongelooflike span en vir hulle is ek opreg dankbaar.

“Ek dink ons gaan nog baie sukses saam vermag.”

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button