CrimeNews

Moet nie geld aan dié “kaptein” betaal

Die publiek moet onder geen omstandighede geld oorbetaal nie.

Die Brakpan SAPD het gewaarsku dat die publiek en veral jong mans nie moet val vir ‘n nuwe slenter wat kop uitgesteek het nie.

Volgens inligting van die SAPD is daar ‘n persoon wat homself as kapt Mokondo voordoen.

Hy kontak veral mans en dui aan dat hy in die proses is om ‘n saak van seksuele teistering, verkragting of onsedelike aanranding teen die persoon te ondersoek.

Hy meld dan dat hy die ondersoek ‘n ander wending kan neem, indien die persoon kontant via EFT aan hom oorbetaal.

“Dit is duidelik iemand wat besig is met ‘n skelmstreek, wat ook in die proses die SAPD se naam beswadder,” het kapt Pearl van Staad, die woordvoerder van die Brakpan Polisiestasie gesê.

“Die publiek moet onder geen omstandighede geld oorbetaal nie,” het sy bygevoeg.

Persone wat deur die sogenaamde kapt Mokondo gekontak word, word versoek om dit aan te meld deur vir van Staad by 011 744 7100 te kontak.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button