Local newsNews

Jaap Jansen vier sy 70ste verjaarsdag

Nou dat hy afgetree is hou hy hom maar besig in en om die huis.

Jaap Jansen, oud-onderwyser en vir baie ‘n bekende in die dorp, het op 26 Februarie sy 70ste verjaarsdag gevier.
Jaap woon net so lank in die dorp as wat hy oud is.

Hy het skool gegaan aan die Laerskool Kommando en gematrikuleer aan die Hoër Seunskool Stoffberg. Na skool het hy onderwys gaan studeer aan die Goudstad Onderwys Kollege.

“Ek het nog altyd ‘n passie gehad om kindertjies te leer,” vertel Jaap.

“Ek het in Januarie 1973 begin skool hou by die Laerskool Môrewag tot 2006 waar ek na 33 jaar afgetree het as adjunkhoof.”

Hy vertel dat daar vele hoogtepunte was en dat die grootste uitdaging gekom het by kinders se dissipline. Noudat hy afgetree is hou hy hom maar besig in en om die huis.

LEES OOK: Karlien se ouers bly hoop ten spyte van uitdagings

Hy deel graag sy jare van ondervinding met die jeug en sy advies aan die jong mense van vandag is om eerder hulle kennis in ‘n ambag te belê sodat hulle later hulle eie besighede op die been kan bring of self dinge kan doen en regmaak.

Wanner ‘n mens vir Jaap vra wat sy grootste sukses in sy lewe was, sê hy met ‘n glimlag: “my gesin”.

Familie beteken baie vir hom. Hy en sy vrou Kitty (68) spog met twee dogters Lesinda Mann (40) en Melissa Smith (38). Sy oogappel is sy kleindogter, Leah Smith, wat nou 19 maande oud is.

LEES OOK: Karlien se ouers bly hoop ten spyte van uitdagings

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button