Local newsNews

Abygale is Hoërskool Die Anker se top matrikulant

Abygale Smith het sewe onderskeidings behaal

Na ’n jaar vol uitdagings as gevolg van die pandemie en gepaardgaande inperking regulasies het die vreugdevure tog vanoggend (Dinsdag) hoog gebrand by Hoërskool Die Anker.

Daar was veral een leerder wat met haar kop in die wolke geloop het.

Abygale Smith het sewe onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëtering, ingenieursgrafika en ontwerp, lewenswetekskappe en fisiese wetenskap.

LESS OOK: 

Graad eens op hulle pos by Laerskool Die Arend

Anika Bothma en Richelle van Kaam het elk ses onderskeidings losgeskryf, terwyl Tiana Viljoen vyf onderskeidings behaal het.

Nadia Martins en Kiara Partington het elk vier onderskeidings behaal en daar was ses leerders wat elkeen drie onderskeidings agter hul naam kan skryf.

Johan Snyman, hoof van Hoërskool Die Anker, het aan die Herald gesê dat die laaste jaar ’n riller was en dat die skool trots is op hulle 95 persent slaagsyfer.

“Oor die algemeen sal ek as hoof nooit tevrede wees met ’n 95 persent slaagsyfer nie, maar na Covid-19 is hierdie uitslae soos ’n lied in my hart.

“Daar was altesaam 90 vak onderskeidings, alles te danke aan ongelooflike onderwysers wat nie weet wat opgee is nie en aangehou het om ons matrikulante te ondersteun tot op die einde,” het Snyman gesê.

Volgens Snyman het hulle besluit om nie Covid-19 as ’n verskoning te gebruik vir die uitslae wat nie na wense is nie.

“Ons is eerder baie trots op almal se harde werk. 2021 is ’n nuwe jaar en ons is opgewonde om te sien wat dit vir ons inhou,” het hy gesê.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button