Local newsNews

Oud-skoolhoof oorlede

 Hy het ‘n besondere liefde vir atletiek gehad en was betrokke by atletiek komitees op provinsiale vlak.

‘n Oud-skoolhoof van die Laerskool Dalview is Woensdag oorlede.
Dawid Jacobs, of oom Dawie soos hy alom bekend was, was vir 27 jaar verbonde aan die laerskool Dalview, waarvan hy 12 jaar hoof van die skool was.

Hy het ‘n besondere liefde vir atletiek gehad en was betrokke by atletiekkomitees op provinsiale vlak. Hy self was ‘n kranige drawwer en het ook die Comrades voltooi.

ALSO READ:

Die Laerskool Dalview spog met sy oud-leerders

As geliefde hoof het hy altyd groot waardering vir sy skool se ouergemeenskap en personeel gehad. Hy het veral ‘n belangrike rol gespeel in die oorgangstyd van staatskole na Artikel 21 (Model C) skole.
Hy het ook groot drome vir Laerskool Dalview gekoester, soos onder andere die oprigting van spreiligte vir aand-atletiekbyeenkomste.

Nadat dit opgerig is het hy een hele dag bo-op een spreilig spandeer, tot groot vermaak van die leerders.
“Dawid Jacobs het diep spore by die Laerskool Dalview getrap en sal nooit vergeet word nie,” het ’n woordvoerder van die skool gesê

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button