Local newsNews

In die Kollig

Danike van den Berg (17) is vanjaar die hoofdogter van Hoërskool Stoffberg. Sy woon saam met haar ouers, Nicky en Danie, asook haar jonger susters, Kayle (8) en Deanné (14), in Kenleaf.

• Die nuwe skooljaar gaan waarskynlik anders uitdraai, as gevolg van Covid-19. Is jy reg vir die uitdagings wat dit sal bring?
Ja, ek is definitief gereed. Met so enorme sterk dissiplinêre komitee agter my, sien ek kans vir enige iets.

• Wat behels jou pligte as hoofdogter van jou skool?
Daar is ’n paar pligte wat ek het, soos byvoorbeeld die bemarking van die skool, en die inburgering van ons graad agt leerders. Ek sien dit wel nie as ’n plig nie, dit is so ’n groot voorreg en ’n absolute eer om al hierdie dinge te kan doen.

ALSO READ: 

Laerskool Dalview se ontvangsdame groet

• Waarna sien jy die meeste uit?
Om met ons nuwe graad agt leerders te werk en om reg deur die jaar ’n verskil te maak op elke gebied waar ek moontlik kan.

• Wat sal jou grootste uitdaging vanjaar wees?
Ek dink nie daar is iets spesifiek nie. Ek dink soos die jaar aangaan sal daar klippies in die pad val, maar gelukkig het ek soveel mense wat agter my staan en my ondersteun met alles.

• Neem jy deel aan sport en watter impak het Covid-19 daarop?
Ja, ek speel vir ons skool se eerstenetbalspan. Dit is definitief waar my passie lê. Met Covid-19 mag ons glad nie bymekaar kom vir enige oefeninge of wedstryde nie. Dit is verskriklik moeilik, maar gelukkig het ons daardie een van ’n soort-afrigter wat steeds seker maak dat ons positief en fiks bly.

• Wat is jou siening oor eksamens? Dink jy ’n toets of praktiese ervaring baat jou meer?
Ek dink dit verskil van mens tot mens, maar ek dink ’n praktiese ervaring baat mens beter.

• Wat is jou toekomsplanne?
Ek wil graag volgende jaar onderwys studeer. Deeltyds wil ek dan drama en netbal afrig. Ek glo in ’n gebalanseerde lewe.

• As jy een ding kon verander by die snoepie, wat sou dit wees?
Absoluut niks. Ons het die lekkerste kos met die vriendelikste tannies wat daar werk.

ALSO READ:

 Nuwe adjunkhoof vir Laerskool Die Arend

• Watter vak sou jy ’n mis wou gee reg deur jou skoolloopbaan?
As ek nou moet eerlik wees, ekonomie, maar net omdat dit vreeslik baie leerwerk is.

• Is jy ’n introvert of ekstrovert?
Sonder twyfel ’n ekstrovert.

• Hopelik sal daar vanjaar ’n matriekafskeid wees. Het jy al begin beplan?
Ek dink ek praat namens elke meisie as ek sê ons beplan dit lank voor die tyd. Ek is vreeslik opgewonde en het reeds begin om my rok te laat maak. Ek bid regtig dat ons vanjaar kan afsluit op die regte manier.

• Hoe sou jy graag wou hê dat jou mede-leerders en onderwysers jou onthou?
As iemand wat nooit stilgesit het nie en iemand wat elke kans gevat het en ’n verskil gemaak het waar sy moontlik kon.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button