Gemeentelede werk dat die stof so staan

Lidmate en helpers het vanaf verlede Woensdag tot Saterdag met grawe, randsnyers, grassnyers, besems en harke ingeklim en vir ’n vale gewerk.

’n Groep lidmate van die NG Kerk Brakpan-Noord het verlede week moue opgerol en die sypaadjie asook die parkeerarea van die munisipale swembad skoongemaak.

Lidmate van die kerk gebruik die parkeerarea aangesien daar nie baie spasie vir parkering by die kerk, wat in Gardinerlaan geleë is, is nie.

 

ALSO READ: 

KYK: Plaaslike kerke bid vir mediese personeel en Covid-19 pasiënte

Leraar van die gemeente ds Kotie Marais (54) het gesê dat die swembad se parkeerarea en veral die sypaadjie voor die kerk soos ’n oerwoud begin lyk het.
“Ons het besluit dit gaan nie help om agteroor te sit en te wag dat dit gedoen word nie,” het Marais gesê.

Lidmate en helpers het vanaf verlede Woensdag tot Saterdag met grawe, randsnyers, grassnyers, besems en harke ingeklim en vir ’n vale gewerk.
Die eindresultaat is verstommend.

“Ons kan nie sit en kyk hoe ons dorp in ’n vullishoop ontaard nie. Ek besef dat almal vir dienste betaal, maar om te wag dat dinge gaan gebeur is nie meer ’n opsie nie,” het Marais gesê.

DA raadslid vir wyk 97, Brandon Pretorius, het groot lof gehad vir die aksie wat die lidmate van die kerk geneem het.

“Ek wil elke persoon wat gehelp het en sodoende ’n voorbeeld gestel het, bedank.

“Ek vra ook dat ander inwoners van die dorp dieselfde inisiatief sal volg.
“Inwoners betaal wel belasting, maar op dié stadium moet elke inwoner sy deel doen om te verseker dat ons dorp staande bly,” het Pretorius gesê.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing:

Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za  

 

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version