KYK: Plaaslike kerke bid vir mediese personeel en Covid-19 pasiënte

Lidmate van verskeie kerke het hul steun getoon vir mediese werkers en Covid-19 pasiënte onder 'n tweede golf van die pandemie.

Inwoners asook lidmate van verskeie kerke in die dorp het Saterdagoggend om 6vm by die Life Dalview Hospitaal bymekaar gekom om vir die mediese personeel asook die Covid-19 pasiënte, wat in die hospitaal behandel word, te bid.

Die land gaan gebuk onder ‘n tweede golf van die pandemie.

Pastoor Rudi Coertzen, van die AGS Brakpan-Wes gemeente, het verduidelik dat hulle graag aksie wou neem om te bid vir die Covid-19 pasiënte vir genesing asook vir die mediese personeel se veiligheid.

“Ek klou graag aan die teksvers, Mattheus 18:19 vas, wat sê daar waar twee of meer Christene in Sy naam bid, daar sal hul gebedsversoek beantwoord word sonder enige uitsondering,” het Coertzen gesê.

“Ek glo ons gebed sal beantwoord word en die virus sal uitsterf,” het hy bygevoeg.

Pastoor Rudi Coertzen het gebid vir genesing en veiligheid.

Die NG Kerk Dalview en Dalpark gemeentes asook die Assembly of God gemeente was ook teenwoordig.

Die mediese personeel het groot lof van die teenwoordiges ontvang vir hul harde werk, waar daar vir hul hande geklap is soos hul by die werk opgedaag of selfs verlaat het.

Gary (links) en Beauhla van Wyk.
Schalk van der Merwe het sy kant gebring en ook opgedaag om te bid en ‘n vers uit die Bybel te lees.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version