Hond na twee maande met eienaar herenig

Die gesin het hul vakansie kort geknip om so gou moontlik by die DBV uit te kom.

’n Gesin van Brakpan-sentraal is onlangs met hul Labrador herenig nadat die hond vir sowat twee maande vermis was.

Dié blye gebeurtenis kon plaasvind danksy die feit dat Scrooby waarskynlik ontsnap het uit die erf waar hy aangehou is en dat hy ’n mikroskyfie gehad het.

Steve Jansen (61) vertel dat Scrooby eintlik sy kleinseun, Kyle Jansen (14), se hond is.

“Ons het Scrooby vir sowat 18 maande gehad en ons was almal baie geheg aan hom,” het Steve vertel.

Op 28 Oktober moes Steve laatmiddag ry te midde van ’n storm met gepaardgaande weerlig.

“Scrooby is baie bang vir die weer asook vuurwerke en ek het nooit gesien dat hy by die hek uitgeglip het toe ek gery het nie. Hy het inteendeel nooit by die hek uitgegaan nie,” het Steve vertel.

Met sy terugkeer het hulle dadelik na die hond begin soek.

“Ons het rondgery en gesoek en oral gevra en selfs ’n sekuriteitsmaatskappy se hulp ingeroep,” het Steve vertel.

Steve het ’n dag later na die beeldmateriaal op die sekuriteitskameras van sy huis gekyk en gesien hoe Scrooby by die hek uitgeglip het toe hy gery het.

“Uit die aard van die saak het dit groot hartseer veroorsaak en al ons pogings om Scrooby op te spoor was nutteloos.”

Die gesin het gedurende Desember by die Vaaldam gaan uitspan toe Steve se foon op Oujaarsdag lui met goeie nuus.

Scrooby is in Gardinerlaan opgemerk en na die Brakpan DBV gebring, waar hy deur middel van ’n mikroskyfie geïdentifiseer kon word.

Lees: Groot waardering vir DBV personeel

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version