Editor's noteLocal newsNews

Laerskool Dalview se ontvangsdame groet

"Ek was baie gelukkig in wat ek gedoen het."

Die ontvangsdame van die Laerskool Dalview, Wilma Rademan (68), het onlangs na 39 jaar diens haar kollegas en die leerders gegroet.

Wilma wat in Kenleaf woon, het haar pos deur die jare op vele gebiede vol gestaan en het byna alles gedoen, behalwe finansies.

Die afgelope drie jaar was sy die ontvangsdame.

Alhoewel Wilma van ‘n jong ouderdom af graag ‘n sekretaresse wou word, het sy begin as tikster by die ou werke-departement waarna sy vir ‘n geruime tyd by die destydse Brakpan Tegniese Kollege gewerk het, voordat sy by die Laerskool Dalview begin het.

“Wanneer ek nou sit en terug kyk sou ek niks wou verander nie. Ek was baie gelukkig in wat ek gedoen het,” het sy gesê.

“Ek het by die skool begin werk omdat ek by my kinders wou wees wanneer hulle skool toe gaan en was gelukkig om die pos te kry.

“Destyds het ons halfdag gewerk en het ons skoolvakansies saam met die leerders gehad.

“In 2001 het dit wel verander en ons het van toe af voldagposte gehad,” het sy bygevoeg.

Die kinders was natuurlik vir haar die hoogtepunt in haar loopbaan.

“Ek gaan die kinders baie mis. Daar is altyd ‘n paar kinders wat baie diep in jou hart in kruip. Ek het ook baie komiese oomblikke beleef en het al selfs gesê ek wil nog ‘n boek daaroor skryf.”

Aangesien Wilma ‘n weduwee is, gaan sy nou die geleentheid gebruik om meer tyd saam met haar ses kleinkinders te spandeer.

“Hulle neem almal aan een of ander sport of aktiwiteit deel. Nou het ek meer tyd om hulle te ondersteun,” het sy vertel.

Lees: Onderwyser roep halt na 26 jaar by die Laerskool Môrewag

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button