Editor's choiceLocal newsNews

Vrou in haar oprit beroof van juwele en skootrekenaar

Die rower het haar skootrekenaar en juwele geneem.

‘n 55-Jarige inwoner van Sunair Park is Dinsdagmiddag net na 5nm in die oprit van haar huis deur ‘n rower oorval en beroof.

Volgens inligting was die vrou op pad om uit die erf te ry toe ‘n gewapende man, wat ‘n masker gedra het, langs haar verskyn het.

“Ek is altyd oplettend wanneer ek uit ons erf ry of by die huis aankom, maar ek het glad nie gesien waar die man vandaan kom nie,” het die vrou gesê

“Ek het hom eers gesien toe hy langs my gestaan het.” Die rower het haar skootrekenaar en juwele geneem en in ‘n wit voertuig, waarin daar nog een insittende was, gespring. Die vrou is nie seker wat die fabrikaat van dié voertuig was nie.

“Alles het baie vinnig gebeur,” het sy gesê.

Die saak is by die SAPD aangemeld en word ondersoek.

Persone met inligting kan die polisiestasie by 011 744 7100 skakel.

Lees: KYK: Rower skiet dapper hond wat sy baas probeer beskerm in roof drama

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button