Editor's noteLocal newsNews

Covid-19 eis bejaarde wat 62 jaar getroud was

Piet het gekla van erge spierpyne asook 'n tekort aan asem.

‘n Inwoner van die dorp, Lena Fourie (81) het die week haar geliefde man en bekende inwoner van die dorp, Piet (84), weens Covid-19 aan die dood afgestaan.

Die egpaar, wat jare lange inwoners van Brakpan is, was vir 62 jaar getroud. Die Herald het in 2018 berig oor die egpaar toe hulle hul 60ste huweliksherdenking gevier het. (Egpaar vier 60ste huweliksherdenking).

“Piet het sowat vier dae voor sy afsterwe gekla van erge spierpyne asook ‘n tekort aan asem,” het Lena vertel.

Sy het ‘n ambulans ontbied waarna Piet opgeneem is in die Netcare Union Hospitaal in Alberton aangesien die omliggende hospitale reeds tot hul volle kapasiteit was.

Hy was slegs vir twee dae in die hospitaal en is Maandagoggend oorlede.

Piet het in sy jonger dae vir die vierde rugbyspan van die Brakpan Rugbyklub uitgedraf en het daarna vir 53 jaar sy gunsteling stokperdjie beoefen naamlik duiwe vlieg, waarvoor hy Oos-Transvaal kleure ontvang het.

Lena het hom deurentyd ondersteun met dié stokperdjie en saam het hulle vele kompetisies gewen.

Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie, aangesien Lena ook positief vir die virus getoets is.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button