Onderwyser roep halt na 33 jaar

Sy het ʼn passie vir die onderwys in totaliteit gehad.

Laerskool Brakpan-Oos het Dinsdag afskeid geneem van ‘n geliefde onderwyser en kollega. Sheila Bubb het na 33 jaar as grondslagfase onderwyser en departementshoof die tuig neergelê.

Bubb het in Januarie 1987 haar loopbaan as onderwyseres by die Laerskool Brakpan-Oos begin.

Sy het ‘n passie vir die onderwys in totaliteit gehad en het altyd haar allerbeste in die klaskamer, op die sportveld en op kultuurvlak gegee.

As kollega het sy gewys dat sy sterk leierseienskappe het wat dan ook daartoe gelei het dat sy bevorder is na departementshoof van die grondslagfase.

“Ons as Laerskool Brakpan-Oos het die grootste waardering vir haar jarelange liefde vir die onderwys en kinders en ons gaan haar baie mis.

“Ons wens haar net die beste toe vir die toekoms en glo haar toekomsblik vorentoe sal net so positief wees soos wat sy daagliks uitgestraal het,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

Lees: Dalview onnie groet na 37 jaar

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za

or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 or Miné Fourie (journalist) minev@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
Exit mobile version