Editor's choiceLocal newsNews

Nashville se ligte wink vir jong sanger

Die talentvolle sanger het ook uitgeblink tydens haar skool se prysuitdeling.

Juliana du Plessis (14), ’n leerder aan die Sonneveld Akademie het met drie silwer medaljes weggestap by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir die Uitvoerende Kunste wat vanaf 4 tot 12 Desember in Rustenburg plaasgevind het.

Juliana, wat volgende jaar in graad nege sal wees, het daarmee ook gekwalifiseer om Suid-Afrika volgende jaar, gedurende Julie in Nashville, Tennessee, by die wêreldkampioenskappe te gaan verteenwoordig.

Die talentvolle sanger wat in 2019 haar eerste CD, My Begin, vrygestel het, het ook tydens haar skool se prysuitdeling uitgeblink.

Sy het die Nagtegaal trofee vir sang ontvang, asook erekleure vir sang. Sy het ook die Kultuurtrofee (genre wenner vir sang fase sewe tot nege) in ontvangs geneem.

Die donkerkop sing al van ’n jong ouderdom af en het haar passie vir sang ontdek toe sy in graad twee in die skoolkoor begin sing het.
Kort daarna het sy sanglesse begin neem en nog nie vir een oomblik terug gekyk nie.

Lees: Geen einde aan dié Sonnies se talente nie

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za

or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 or Miné Fourie (journalist) minev@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

Follow us:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button