Local newsNews

Van dans tot karate is sy ewe goed

Abigail is ook sportief en het onlangs haar bruin gordel in karate verwerf.

Vanjaar was ’n jaar met baie uitdagings, maar vir Abigail Botha (12), ’n graad ses leerder aan Laerskool Brakpan-Oos, was dit ’n besondere jaar. Dié leerder het op verskeie vlakke uitgeblink.

Sy is onlangs gekies as lid van haar skool se leerlingraad vir 2021 en benewens haar goeie akademiese prestasies, was sy ook die wenner van die kultuurtrofee tydens die skool se prysuitdeling.
Abigail is ook sportief en het onlangs haar bruin gordel in karate verwerf.

Maar sy dans ook vanaf 2013 by Visions Dance Academy en het onlangs beide haar hip-hop en moderne dans eksamens met lof geslaag.

Related Articles

Back to top button