Kinders beleef genotvolle dag danksy motorfietsryers

Daar was interaksie met plaasdiere, eetgoed en natuurlik ’n geskenk vir elke kind.

Lede van die Mac’s Motorfietsklub in Brakpan het Saterdag gesorg dat die inwoners van Mother’s Nest ’n onvergeetlike dag beleef.

Mother’s Nest, wat in Brenthurst geleë is, is ’n veilige hawe vir mishandelde kinders van alle ouderdomme.

Alhoewel die weer nie mooi saamgespeel het nie het die kinders steeds ’n genotvolle dag by ’n bestemming in Springs saam met lede van Mac’s geniet.

Daar was interaksie met plaasdiere, eetgoed en natuurlik ’n geskenk vir elke kind.

“Ons het ’n wenslys van elke kind ontvang en ons lede het gesorg dat almal gekry het waarvoor hulle gevra het,” het ’n woordvoerder van die klub gesê.

Lees: Motorfietsryers bring groot vreugde aan bejaardes

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version