Tyd raak baie min om R3000 koopbewys te wen

‘n Koopbewys ter waarde van R3000 word deur Sherwood Pick n Pay geborg.

Tyd om in te skryf vir die Herald se Kersfeesfoto kompetisie raak nou baie min.

Die sluitingsdatum is Donderdag (10 Desember) om 9vm. Die laaste uitgawe van die Herald vir 2020 sal op 24 Desember op straat wees en ons is op soek na ‘n foto om op die voorblad van hierdie uitgawe te pryk.

Vanjaar, tesame met die feit dat jou foto op die voorblad gepubliseer word, sal die fotograaf wat die wenfoto indien, ook ‘n koopbewys ter waarde van R3 000 ontvang.

Hierdie fantastiese prys word geborg deur Sherwood Pick n Pay.

Dink net daaraan! Jy kan R3 000 in jou sak hê om daardie laaste minuut Kersfees-inkopies te doen, of om jou kruidenierswarekas aan te vul of om solank skoolbenodighede vir jou kinders aan te koop.

Dit is baie maklik om vir die kompetisie in te skryf. Neem eenvoudig net ‘n foto met ‘n Kersfees-tema.

Daar moet ten minste een persoon in die foto wees, en dit is belangrik om daarop te let dat die foto nie digitaal gemanipuleer mag word nie.

Die volgende inligting is nodig wanneer jy die foto instuur (foto’s wat nie aan die vereistes voldoen nie, sal nie oorweeg word nie):

Die beslissing van die beoordelaars sal finaal wees en die prys kan nie vir kontant geruil word nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version