Ete en dans ten bate van Karlien Roets

Karlien Roets is met breinbeserings gelaat nadat ’n kombuiskas op haar geval het.

 ’n Fondsinsamelingsprojek ten bate van Karlien Roets word die aand van 15 Desember by Full Monty te Boundarystraat, Brenthurst, aangebied.

Karlien is met ernstige breinbeserings gelaat nadat ’n kombuiskas op haar geval het en word tuis by haar ouerhuis in Dalview versorg.

Weens die pandemie was dit nie vir die gesin moontlik om vanjaar behoorlike fondsinsamelingsprojekte aan te pak nie en is die nood groot.

Haar mediese uitgawes en versorging beloop maandeliks duisende rande.

Belangstellendes kan uitsien na ’n smaaklike maaltyd asook vermaak deur Sharoney en daar kan gedans word.

Daar is 12 tafels, waaraan 10 mense kan sit, beskikbaar.

Persone wat kaartjies wil bespreek of enige donasies wil maak kan vir Karen Roets skakel by 074 963 8955.

Lees: Bloedige son stuit nie mense wat Karlien wil help nie

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version