Editor's noteLocal newsNews

Nog ‘n boek vloei uit skrywer se pen

Ek het vanjaar geleer dat geen inperking my kan stop om my drome te verwesenlik nie

‘n Talentvolle skrywer en inwoner van Brenthurst, Lynelle Clark (55), het onlangs haar vyfde boek die lig laat sien. Juweel van die Oosgrens is ‘n geskiedkundige roman wat volg op ander boeke soos A Pirate’s Wife, Bella’s Choice, Blood Mines en Love at War, wat ook uit haar pen gevloei het.

Lynelle het ook drie ander boeke, wat sy saam met ander skrywers gepubliseer het, op haar kerfstok.

Die Herald het ‘n paar vrae aan Lynelle gestel.

• Hoe lank het dit jou geneem om die boek te skryf?

Ek het die boek aanvanklik in 2010 begin skryf maar eers weer vanjaar daaraan gevat en klaar gemaak. So in totaal seker 12 maande as ‘n mens nou al die ander jare weg vat.

• Gee ‘n opsomming van die boek.

Die mengsel van tale het ʼn groot rol gespeel in die skepping van die taal wat ons vandag ken. Afrikaans is gevorm in die warm kombuise en wye vlaktes van ons mooi land en het vir vele interessante oomblikke gesorg.

1815 is gekenmerk deur aanpassings, afstande en onluste. In die midde hiervan het Celeste Reyneke geleef. Op haar 18 verjaarsdag verander haar lewe dramaties en eindig op in ‘n gerieflikheidshuwelik.

Twee jaar later moet sy die wêreld weer alleen in die gesig staar en beland sy op die Oosgrens. Die tweejaar-lange huwelik was alles behalwe maanskyn en rose en eindig traumaties.

Ontnugterd volg sy die pad die binneland in. Ek nooi jou om saam met my op hierdie reis te gaan en nie net die spanning van hierdie tydperk te ervaar nie, maar ook die romanse te vind in die grasvlaktes van ons mooi land.

• Word dit elke keer vir jou makliker om ‘n boek te voltooi?

Die skryf gedeelte word tog makliker. Ek sukkel nog met die aanvanklike idee, hoe dit alles uit gaan werk, en my redes hoekom ek die boek skryf.

By tye voel dit of dit langer vat as vinniger juis omdat ‘n mens so baie dink aan die storielyn, wie die karakter is en wat die einddoel is.

Dit is ‘n kwessie van hoe meer ek leer oor die skryfproses hoe langer vat dit juis om al die punte raak te vat en ‘n goeie produk te kan lewer.

Lees: Talentvolle skrywer pak haar vierde boek aan

• Wie is jou gunsteling skrywer en waarom?

Dit is ‘n moeilike vraag en een wat daagliks verander. Ek het onlangs CS Lewis begin lees. Van sy lewe, sy geestelike ontwaking en gedagtes. Die manier wat hy die kreatiewe bring by die boodskap van die Bybel fassineer my.

• Wanneer jy nie skryf nie, wat doen jy graag of waarmee hou jy jouself besig?

Ek is ‘n voltydse skrywer, wat behels dat ek pal voor die rekenaar sit. Nie net om te skryf nie maar om ook al my administrasie te doen asook ook om ander skrywers te help met hul projekte.

Omdat ek ‘n self-gepubliseerde skrywer is moet ek alles doen; van boek skryf tot bemarking, so ek ken elke aspek van die publikasie bedryf wat my besig hou.

Tyd vir wegbreek is min maar indien moontlik hou ek van die natuur, om te gaan stap, foto’s te neem en te kuier.

• Dink jy dat mense, en veral die jeug, nog genoeg lees?

Nee, ek dink hulle lees te min. Ek wil nie graag veralgemeen nie want ek weet daar is wel uitsonderings. Die beheptheid met die Internet, Tiktok, Instagram en Facebook veroorsaak dat die jeug nie ‘n breë genoeg prentjie kry van die werklike lewe nie. Die liefde vir lees word nie genoeg gekweek nie.

• Watter lesse het 2020 en die koms van Covid-19 vir jou geleer?

2020 was ‘n besige jaar vir my. Ek het geleer dat geen inperking my kan stop om my drome te verwesenlik nie. Daar is so baie bronne op die Internet wat jou kan help met verdere studies.

Vir my het die grendeltyd tyd gegee om op my sterk punte te bou en te werk aan die swakker punte.

• Wat sal jy graag in 2021 wil bereik?

Aangesien van Love at War (wat in Januarie 2021 vrygestel word) wil ek nog vyf ander boeke ook klaar maak. Ek het ook ‘n resepteboek ingedagte.

As gevolg van werk skaarste kan ek nie wag dat ‘n werk na my toe kom nie maar om werk te skep.

Ek was nog altyd ‘n pionier in hart, iets wat my staande hou en vorentoe laat kyk. Ek en my dogter is besig met die ontwerp van produkte wat ons vir eers aanlyn sal verkoop.

Die mikpunt is om eendag ‘n winkel te kan open waar ek die produkte, my boeke en vele meer, sal kan verkoop.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
 
 

Related Articles

Back to top button