Neem ‘n Kersfeesfoto en wen ‘n koopbewys ter waarde van R3 000

Hierdie fantastiese prys word geborg deur Sherwood Pick n Pay.

Die laaste uitgawe van die Herald vir 2020 sal op 24 Desember op straat wees en ons is op soek na ‘n foto om op die voorblad van hierdie uitgawe te pryk.

Vanjaar, tesame met die feit dat jou foto op die voorblad gepubliseer word, sal die fotograaf wat die wenfoto indien, ook ‘n geskenkbewys ter waarde van R3 000 ontvang.

Hierdie fantastiese prys word geborg deur Sherwood Pick n Pay. Dink net daaraan!

Jy kan R3 000 in jou sak hê om daardie laaste minuut Kersfees-inkopies te doen, of om jou kruidenierswarekas aan te vul of om solank skoolbenodighede vir jou kinders aan te koop.

Dit is baie maklik om vir die kompetisie in te skryf.

Neem eenvoudig net ‘n foto met ‘n Kersfees-tema.

Daar moet ten minste een persoon in die foto wees, en dit is belangrik om daarop te let dat die foto nie digitaal gemanipuleer mag word nie.

Die volgende inligting is nodig wanneer jy die foto instuur (foto’s wat nie aan die vereistes voldoen nie, sal nie oorweeg word nie):

• Naam, van en ouderdom van elke persoon op die foto.
• ‘n Kort beskrywing van waar en wanneer die foto geneem is.
• Naam, van en kontaknommer van die fotograaf.
Foto’s mag nie meer as ‘n maand oud wees nie – die Kersfeesfoto’s van verlede jaar gaan dus nie werk nie.
• Foto’s kleiner as 1 MB sal nie oorweeg word nie.
• Slegs inwoners van Brakpan kan inskryf.

Foto’s kan as afsonderlike JPEG-aanhangsels per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za. Die sluitingsdatum is 10 Desember om 9vm.

Die beslissing van die beoordelaars sal finaal wees en die prys kan nie vir kontant geruil word nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
Exit mobile version