Hengelaars van Hoërskool Die Anker het onlangs aan die skool se hengelproewe wat te Steyns, Vaaldam, gehou is, deelgeneem.
Die omstandighede was gunstig vir hengel en die 16 hengelaars het daarin gepoog om die beste te vaar op die betrokke dag, toe daar vanaf 7vm tot 3nm vis gevang is.
Die deelnemers het 77 visse gevang, met ’n totale massa van 111.09kg.
“Daar was nie veel van ’n punte verskil tussen die top vier hengelaars nie en met dié resultate lyk 2021 na ’n belowende jaar vir Hoërskool Die Anker se hengelspan,” het ’n woordvoerder van die span gesê.
Die top vier hengelaars van die dag was Megan Fraser (eerste met 453 punte), Jaden-Lee Wolhuter (tweede met 393 punte), Natalie Strydom (derde met 389 punte) en Brendan Nel (vierde met 367 punte).
Hoërskool Die Anker se hengelspan is verlede jaar as SA Skole Kampioen van Kampioene gekroon. Die hengelspan beoog om dié titel weer in 2021 los te vang.
Lees: Anker leerder blink uit in droë hengel kampioenskap
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter