Kind sorg dat rare plant na vier jaar blom

Nazli het onlangs daarin geslaag om ’n vlermuisblom ((tacca chantrieri) aan die groei te kry en te laat blom.

Wanneer dit by die kweek van ongewone plante en blomme kom, spog jong inwoner van die dorp Nazli Lazarus met haar groen vingers.

Die 12-jarige, wat in Dalview woon, het op ’n baie jong ouderdom reeds begin eksperimenteer.

Nazli het met ‘bottle gardens’, wat haar belangstelling geprikkel het, begin.

Op die ouderdom van vyf het sy reeds haar eerste gewone plante gekry en met bietjie water en aandag het dit welig begin groei.

Die spreekwoordelike saadjie is geplant en sedertdien is dit vir Nazli ’n heerlike stokperdjie om plante aan die groei te kry.

Kort voor lank met ’n bietjie leiding van haar pa, Burti, en vele navorsing, het sy die uitdaging aangepak om ongewone en raar plante te kweek.

Sy het onlangs daarin geslaag om ’n vlermuisblom ((tacca chantrieri) aan die groei te kry en te laat blom.

Volgens haar neem sade ongeveer vier jaar om te ontkiem.

Lees: Sonneblom ontaard in ‘n hemelbesem

“Ek het vier jaar gelede die uitdaging aangeneem en ek het dit reg gekry om 15 blomme uit die swart vlermuisblom te kry,” het Nazli vertel.

Die swart vlermuisblom (wat ook soms katbaarde of duiwelsblomme genoem word) het lang, skraal blare.

Dit het ook lang “snorbaarde” wat kan groei tot 70cm.

Die blomme is gewoonlik donker maroen of pers, omring deur ewe donker skutblare wat soortgelyk is aan die voorkoms van vlermuise.

Dié ongewone plant groei welig in die tropiese woud in Yunnan provinsie in China, waar dit so lank as 91cm kan word.

Nazli, wat ook ’n lid van die Just Wheels Motorklub is, kweek en groei al raar plante vir die afgelope sewe jaar en die swart vlermuisblom is beslis nie haar eerste suksesvolle poging nie.

Sy het al ’n monstera dubia, monstera tenuis, philodendron verrucosum en ’n monstera adansonii suksesvol gekweek.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version