Editor's noteLocal newsNews

Opvolg: DBV beskou voorval by begraafplaas in ‘n ernstige lig

“Ons doen 'n beroep op die gemeenskap vir inligting wat ons kan lei na die persoon wat verantwoordelik is vir hierdie daad, wat ons ten sterkste veroordeel”

Die bestuur van die Brakpan Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ‘n verklaring uitgereik nadat die karkas van ‘n kat en ‘n afgeslagte vel van ‘n bok Maandagoggend by die hoofhek van die Brakpan begraafplaas gelaat is.

Volgens die verklaring dui ‘n voorlopige ondersoek daarop dat die voorval ‘n siek grap is, waarby die oorskot van diere gebruik is.

“Ons kan bevestig dat die vel wat gevind is wel dié van ‘n bok was  en met ‘n tweede besoek aan  die begraafplaas is die horings ook gevind,” het Sanette Bosman, voorsitter van die DBV gesê.

“Ons glo dat dit deel uitgemaak het van ‘n geloof ritueel tydens ‘n begrafnis, wat behels het dat ‘n dier geslag word en is die vel en horings agter gelaat.

Lees: Brakpan DBV begroet met grusame fonds aan begraafplaas se hoofhek

“Dit wil voorkom  asof iemand dit ontdek het en amusant gevind het om  dit aan die hek te hang tesame met die  karkas van die kat, wat omgery  en langs die pad gelaat is.

“Ons beskou die voorval  in ‘n ernstige lig.

“Wanneer iemand geen respek het vir ‘n dooie dier nie en die oorskot op so ‘n veragtelike manier kan misbruik, bestaan die moontlikheid dat dié tipe gedrag van hierdie persoon die volgende keer daartoe kan lei dat lewendige diere of selfs mense leed aangedoen word.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap vir inligting wat ons kan lei na die persoon wat verantwoordelik is vir hierdie daad,  wat ons ten sterkste veroordeel,” het Bosman gesê Enigiemand wat moontlik inligting oor die voorval het, word versoek om die bestuurder van die Brakpan DBV, Tamaryn Lombard te kontak by 011 742 2007.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button