Bloedige son stuit nie mense wat Karlien wil help nie

Karen het groot lof gehad vir Ferdi en Toni wat die 40 kilometer plus ‘n ekstra vyf gehardloop het.

‘n Groot groep mense het Saterdagoggend in Springs opgedaag om aan die Always Believe pretloop, ten bate van Karlien Roets, deel te neem.

Oud en jonk het die bloedige warm weer getrotseer om ‘n paar kilometer kaf te draf en sodoende broodnodige fondse vir die jong kind in te samel.

Twee atlete wat meer as hul kant gebring het is Ferdi van Tonder en Toni da Matta wat vroegoggend hul tekkies aangetrek het en 40km gehardloop het.

Toni da Matta (links) en Ferdi van Tonder het 40km gehardloop waarna hulle nog 5km voltooi het. Saam met hulle in die foto is Karlien se ma, Karen Roets.

Hul het tot die B&Q Koffiewinkel in Dalview gehardloop waarna hulle na Springs teruggekeer het.

Met hul aankoms by President Park het hulle ‘n verdere 5km saam met die groter groep ondersteuners, wat daar bymekaar gekom het, gehardloop.

Karlien Roets (4) is met ernstige breinbeserings gelaat toe ’n kombuiskas op 10 Augustus 2018 by haar ouerhuis in Dalview op haar geval het.

Die kleintjie, wat 24 uur per dag by haar ouerhuis versorg word, se mediese uitgawes is enorm en weens die inperking het dit ’n opdraande pad vir haar ouers, Frikkie en Karen Roets, geword.

Lees: Pretloop om breinbeseerde kind te help

Karen het tydens ’n vorige onderhoud aan die Herald gesê dat dit as gevolg van die inperking nie moontlik was om vanjaar die normale fondsinsamelingsprojekte van die grond af te kry nie.

Talita Wessels (15, links) en Lichalle Haskins (15) van Springs en Mieke Schonfeldt (15) van Brakpan het saam gehardloop.

Die pretloop is gereël met die hoop dat broodnodige fondse vir Karlien se versorging ingesamel kon word.

Karen het groot lof gehad vir Ferdi en Toni wat die 40km plus ‘n ekstra vyf gehardloop het maar ook vir elke persoon wat ‘n kaartjie gekoop het en opgedaag het om aan die pretloop deel te neem.

Karen het verduidelik dat die aanvanklike plan was dat die publiek saam met Ferdi en Toni sou in ‘n padwedloop sou hardloop maar dat daar nie betyds toestemming verkry kon word vir dié reëling nie.

“Ons moes noodgedwonge die reëlings verander en die groot groep het by President Park in Springs bymekaar gekom waar ‘n roete gevolg is.

“Ons is baie dankbaar vir elke persoon wat opgedaag het om te hardloop maar veral ook aan elke borg wat ons ondersteun het.”

Sy het ook genoem dat talle mense van sovêr as Kaapstad virtueel aan die pretloop deelgeneem het.

“Daar was self mense asook ‘n kleuterskool van Pretoria wat ons goed ondersteun het en die atletiekspan van Hoërskool Die Anker het ook virtueel deelgeneem,” het Karen gesê.

Oud en jonk het die dag geniet. Layla Jonker (1) van Springs was gemaklik in haar stootkarretjie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version