Local newsNews

Twee Applouskonserte dié week te sien

Bester se produksie is verlede jaar onder groot toejuiging tydens die Oppiwater Kunstefees bekendgestel.

Na Lefra se uiteindelike terugkeer na die verhoog met hulle eerste Applouskonsert die afgelope naweek, bring hulle die week sommer twee konserte Carnival City toe.

Die sangeres Helene Bester bring Donderdag om 7nm hulde aan die ikoniese Nana Mouskouri en Mathys Roets stel sy nuwe produksie, Reën, Sondag om 3nm bekend.

Bester se produksie is verlede jaar onder groot toejuiging tydens die Oppiwater Kunstefees bekendgestel.

Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en die musiekregie is te danke aan Heinrich Pelser, ook Helene se begeleier, tydens die Mouskouri-vertonings.

Die Mathys Roets konsert Sondag is beslis een om nie mis te loop nie.

“Ons moes nege jaar wag vir Mathys Roets se nuutste album, en daarmee saam, ‘n nuwe vertoning,” het Swart gesê.

Lees: Pieter Smith en Christo Snyman bring hulde aan Groep 2 in Lefra Kelderkonsert

In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie in Reën met diepte en warmte gevul.

Wat hierdie vertoning so spesiaal maak is die samevloei van die digkuns en musikale vernuf.

Mathys deel sy digterlike versamelstukke van die afgelope paar jare op intieme met die gehoor.

Mathys Roets stel sy nuwe produksie Reën Sondag bekend.

Besprekings vir al die Applouskonserte kan gedoen word by Computicket of deur vir Monica Booysen by 011 815-3000 te skakel of deur ‘n e-pos te stuur na admin@lefra.com.

Die volgende Covid-19 protokols is in plek wanneer jy Carnival City besoek:

• Gesondheidsvraelyste word deur elke persoon by alle ingange voltooi en jou temperatuur sal gemeet word.
• ‘n Identiteitsdokument of MVG-kaart moet by die ingang getoon word.
• Elke gas moet ‘n masker dra en sy of haar hande ontsmet by die ingange.
• Binne die venue sal sosiale distansiëring gehandhaaf word.
• Alle drankies sal geseël wees as dit bedien word.
• Alle kos sal bedek wees as dit bedien word.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button