Groot waardering vir DBV personeel

"Die DBV kry nie naastenby genoeg erkenning vir wat hulle doen nie."

Brigette Kleynhans skryf per e-pos:

Ek en my gesin is groot diereliefhebbers en as ons kon sou ons seker veel meer as ons drie honde, twee katte, papegaai en visse gehad het.

Toe ons Vrydag ons Brakpan Herald kry het ons gelees van Sannette Bosman wat haar tyd opgeoffer het om fondse vir die DBV in te samel (Gaged for a worthy cause).

Dan op bladsy drie het ons verder gelees hoe klein Jaco Viljoen deur die personeel van die DBV bederf is.

Hierdie mense werk onder baie druk om die deure oop te hou en te sorg dat die weggooi-diere huise kry.

Die werk wat hulle doen sal ek nooit kan doen nie, want ek sal al die honde en katte na ons huis toe neem.

Ons as gesin het al twee keer ’n dierekind aangeneem by die DBV.

Die doel van hierdie skrywe is net om die bestuur en die personeel en almal wat die DBV ondersteun te bedank.

Ek glo nie hulle kry naastenby genoeg erkenning vir wat hulle doen nie.

Onthou diere kan nie praat nie en as daar nie mense soos Sanette en die DBV-span was nie sou dit nie goed gegaan het met die diere in ons dorp nie.

In die Kleynhans-gesin se oë is julle almal helde.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
 
Exit mobile version