Sangskool spog met goeie welslae by die Dell’Arte Kunstefees
Dié leerders het talent in oorvloed.
Leerders van Musiek-klanke Studio is duidelik in goeie hande, hul prestasies tydens die Dell’Arte Kunstefees getuig daarvan.
Talita Lombard, die eienaar van die sangskool, het ’n passie om talentvolle sangers die geleentheid te bied om te leer en te ontwikkel sodat elke leerder hul talent ten volle kan uitleef.
Musiek-klanke Studio het vir 39 items by die Dell’Arte Kunstefees ingeskryf, waarvan 20 items wenners in die verskillende ouderdomsgroepe was.
Dié sangskool het 17 A+++ simbole ontvang, 15 A++ simbole en sewe A+ simbole.
Chanré Strydom het vir al vier haar items bo 90 persent behaal, waarvan sy die wenner was van drie items, naamlik gospel musiek met klankbaan (93 persent), films met klankbaan (95 persent) en pop musiek met klankbaan (96 persent).
Lees: Geen einde aan dié Sonnies se talente nie
Adriaan Herbst het ook met sy talent gewoeker. Hy was in ’n spesiale kategorie geplaas aangesien hy met Duchenne-spierdistrofie gediagnoseer is.
Die jong seun se omstandighede het beslis nie hom gekeer om as die itemwenner van drie afdelings aangewys te word nie.
Adriaan het 93 persent vir kontemporêre musiek met klankbaan, 89 persent vir volk musiek met klankbaan en 95 persent vir musiekblyspel met klankbaan behaal.
Klarissa Taljaard was die itemwenner van ‘rock’ musiek met klankbaan en het ’n allemintige 96 persent behaal.
Charney Buchanan het ook baie goed gevaar. Sy is as die itemwenner aangewys vir ligtemusiek met klankbaan (97 persent), gospel musiek met klankbaan (97 persent), musiekblyspel met klankbaan (96 persent) en pop musiek met klankbaan (97 persent).
Anette Cloete, wat ook in ’n spesiale kategorie geplaas is aangesien sy gesiggestremd is, het ook goeie punte behaal.
Sy het vir kontemporêre musiek met klankbaan 92 persent behaal, 90 persent vir gospel musiek met klankbaan, 88 persent vir jazz met klankbaan en 95 persent vir pop musiek met klankbaan.
Elize Ann Holloway was as die itemwenner aangewys vir films met klankbaan en het 95 persent behaal.
Magdelie Dormehl was die itemwenner van klassieke musiek met klankbaan (95 persent) asook die itemwenner van musiekblyspel met klankbaan (97 persent).
Lees: Kunstenaar verdryf inperking-frustrasie só
Desré Phillips was as die itemwenner aangewys vir gospel musiek met klankbaan (93 persent) asook vir ‘rock’ musiek met klankbaan (93 persent).
Nog ’n talentvolle leerder, Megan Terblanche, het ook uitgeblink en was die itemwenner van vier afdelings.
Sy het ’n allemintige 95 persent behaal vir ballade musiek met klankbaan, 94 persent vir kontemporêre musiek met klankbaan, 97 persent vir met klankbaan en 94 persent vir moderne musiek met klankbaan.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter