Editor's noteLocal newsNews

Maatskappy sorg dat minderbevoorregtes ook lekkergoed geniet

Donasies van koekies en sap is geskenk.

Personeel van Wiesenhof Coffee Roastery in Heidelberg se hoofkantoor het onlangs skole en organisasies in die dorp besoek met donasies vir minderbevoorregte leerders.

Laerskool Die Arend, Laerskool Brakpan-Oos, Hoërskool Stoffberg, Devon Hulpsentrum asook die East Rand Children’s Haven is deur die maatskappy besoek.

“Met Covid-19 en die inperking is daar talle families wat deur ’n moeilike tyd gaan en ons het besluit om so bietjie verligting te bring,” het Charné Labuschagne, ’n krediteureklerk van Wiesenhof, gesê.

Lees: Kolwyntjiedag is hier

Charné Labuschagne is saam met Shiela Bubb (links) en Aileen Mollentze (regs) van die Laerskool Brakpan-Oos.
Hoërskool Stoffberg se hoof, Koos Boshoff (links), het die donasie ontvang vanaf Charné Labuschagne.
Charné Labuschagne (links) van Wiesenhof saam met die hoof van die Devon Hulpsentrum, Gerty Thomas.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

Related Articles

Back to top button