KYK: Dié Sonnie weet wat sy doen as dit kom by sing

Juliana het ook al haar eerste CD vrygestel, My Begin.

’n 14-jarige leerder aan die Sonneveld Akademie, Juliana du Plessis, het sangtalent in oorvloed en het die afgelope jaar verskeie prestasies behaal.

Juliana het in Februarie aan die streekrondte van die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe van Uitvoerende Kuntse deelgeneem waar sy in ses items bo 85 persent behaal het.

Daarmee het sy deurgedring na die nasionale rondte wat gedurende Desember sal plaasvind.

Die items was country, kontemporêr, gospel, eie komposisie, Broadway en pop.

Indien Juliana met slegs een item deurdring sal sy die geleentheid kry om Suid-Afrika in Los Angeles te gaan verteenwoordig.

In 2019 het Juliana haar eerste CD, My Begin, vrygestel met die hulp van Bravo Performance Academy en Dolf Brits Produksies.

Die CD het agt liedjies op, waarvan sy twee self geskryf het.

Lees: Geen einde aan dié Sonnies se talente nie

Juliana het ook onlangs aan ’n oudisie deelgeneem vir die Sing Aanlyn-kompetisie wat alle ouderdomme die geleentheid gee om deur van ons land se mees bekendes afgerig te word en op nasionale TV te verskyn in ’n teaterstuk.

Sy het die oudisie geslaag en sal vir die volgende jaar deur sanger Monique Steyn afgerig word.

Die donkerkop sing al van ’n jong ouderdom af en het haar passie vir sang ontdek in haar skool se koor in Graad Twee.

Kort daarna het sy sanglesse begin neem en het floreer in die gebied.

Video: Juliana sing hier vir die broadway solo afdeling. 

Juliana het onlangs ook in ’n episode van Musiek Paniek op kanaal 147 verskyn waar sy die aanhanger van Jozaan Digue was.

Musiek Paniek is ’n speletjiesprogram waarin top Afrikaanse musiekkunstenaars en hul aanhangers dit in die ateljee uitspook in ’n tawwe musiek-vasvra.

Asof haar prestasies nie genoeg is nie, het sy ook aan die Conspirito Kunswedstryd deelgeneem waar sy besonderse welslae behaal het.

Sy was die afdelings wenner in al vier dié items waarin sy deelgeneem het.

Ballade (92 persent), country (91 persent), eie komposisie (95 persent) en Broadway (96 persent).

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 
Exit mobile version