Editor's noteLocal newsNews

Stap saam en help jong kind só

Jaco Viljoen is in 2017 met Duchenne-spierdistrofie gediagnoseer.

Miné Fourie
minev@caxton.co.za

Soms woon ware superhelde in die hart van ’n jong kind wat groot gevegte in die gesig staar.

Dis die geval van 10-jarige Jaco Viljoen, inwoner van Dalpark 5.

Jaco is met Duchenne-spierdistrofie gediagnoseer en op 7 November word ’n virtuele 5km pretloop aangebied in ’n poging om van sy mediese onkostes te dek.

Duchenne-spierdistrofie is ’n ongeneeslike siekte wat die spiere vinnig laat wegteer, wat sal veroorsaak dat Jaco op ’n stadium nie meer sal kan loop nie.

Sy se ma, Albi (34), werp alles in die stryd om toe te sien dat haar kind vir so lank as moontlik die gebruik van sy bene sal kan hê.

Hy ondergaan elke week fisioterapie en en hy woon ook twee keer ’n week swemterapie by.

Lees: Terapiehond ingespan om Karlien te help

Die kostes hieraan verbonde beloop sowat R5 000 per maand.

Jaco moet ook snags met spalke aan sy bene slaap om sy voete in die regte posisie te hou.

“Jaco is op 12 April 2010 gebore, dieselfde dag wat sy ouma aan kanker gesterf het,” het Albi vertel.

“Hy was ’n doodgewone seuntjie wat wel gesukkel het om sy mylpale te behaal. Hy het skool gegaan by Sonneveld Akademie, waar sy Graad R juffrou bekommerd oor sy groot motoriese bewegings was.

“Eers in 2017 het al die mediese toetse aangedui wat eintlik fout is en is hy met Duchenne-spierdistrofie gediagnoseer,” het Albi vertel.

In 2018 het Jaco met stamsel behandeling begin en alhoewel die siekte nie genees kan word nie, help die stamselle om die inflammasie in sy liggaam te verminder.

Jaco Viljoen.

Jaco moet ook jaarliks vir hart en long toetse gaan by die Sunninghill hospitaal en hy sal binnekort dié toetse ondergaan.

Die jong seun, wat nou ’n leerder aan Muriel Brand Skool is, glo in die verhaal van Dawid en Goliat en glo hy gaan deur God se genade die siekte verslaan.

Jaco se volgende stamsel behandeling is in November en aangesien die behandeling nie deur die medies gedek word nie, bied die gesin ’n virtuele pretloop aan om te help met fondsinsameling.

Die koste beloop slegs R50 per stapper en ’n sisteem, waar ’n strepieskode gebruik word, sal as bewys vir jou inskrywing dien.

Al wat jy moet doen is om by enige plek slegs 5km te stap en foto’s te neem met jou strepieskode en dit dan na Albi te WhatsApp by 060 540 1437.

Jaco sal sy gunsteling foto kies en die wenner sal ’n prys ontvang.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button