Om te redeneer is kinderspeletjies vir dié drie

Daar is geen einde aan dié drie se talent om te redeneer nie.

In die Ueckermann gesin van Dalview se huis is daar nooit vir te lank stilte nie.

Dít is weens die feit dat die twee susters Zuné (18) en Caylee (14), saam met hul broer MJ (11), dinamiese sprekers is wat een prestasie na die ander behaal.

Al drie het onlangs stof in die oë van hul mededingers geskop tydens redenaarskompetisies van hul onderskeie skole.

MJ, ‘n Graad Ses leerder aan Laerskool Die Arend, het tydens die interne redenaarskompetisie van sy skool die Afrikaanse voorbereide afdeling gewen.

Die jong seun, wat weet hoe om sy sê te sê, het ook vanjaar die Afrikaanse voorbereide asook die Afrikaanse onvoorbereide redenaarkompetisie by die Dell Arte Kunstefees gewen.

MJ Ueckermann, ‘n graad ses leerder aan Laerskool Die Arend.

Caylee en Zuné, wat albei leerders aan die Hoërskool Stoffberg is, het soos hul broer ook die Afrikaanse voorbereide-afdeling van hul skool se interne redenaarskompetisie gewen.

Met dié prestasie is beide deur na die Interdorp Redenaar kompetisie waar Caylee ‘n derde plek behaal het en Zuné weer as die wenner aangewys is.

Lees: Luca-Leigh skitter met vele talente

Tydens die kompetisie het hulle teen deelnemers van vier ander hoërskole meegeding naamlik Hoërskool EG Jansen, Sonneveld Akademie, Hoërskool Oosterlig asook Hoërskool Die Anker.

Al drie het ook deurgedring na die Interskole se finale rondte vir Afrikaans voorbereid en die twee sussies ook vir Engels voorbereid.

Caylee, wat in Graad Agt is, het vir vier jaar ook die Afrikaanse voorbereide redenaarskompetise by Laerskool Die Arend gewen.

Caylee Ueckermann, ‘n
graad agt leerder aan die Hoërskool Stoffberg.

Redenaars is beslis ook in Zuné se bloed en sy was sedert Graad Agt elke jaar die wenner van haar skool se interne Afrikaanse redenaarskompetisie.

In Graad 10 het Zuné ook aan English Public Speaking deelgeneem waar sy ook ‘n eerste plek verower het.

Zuné is ook tydens die onlangse Nasionale Interskole Redenaarsliga se landswye finaal aangewys as die wenner vir Afrikaans voorbereide redenaars.

Dié drie familielede neem ook ekstra drama klasse by die Aardklop Drama Ateljee in Brakpan waar hulle onder die bekwame hande van Elize Steenkamp is.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version