Editor's choiceLocal newsNews

In die kollig: Shawn Raper

Leer vir Shawn Raper van Secure Tech ken.

Shawn Raper (45) is die eienaar van Secure Tech in Brakpan. Hy is getroud met Tokkie en die egpaar, wat in New State Areas woon, het ‘n seun, Christy (21). 

  • Wat het jou laat besluit om ‘n sekuriteitsmaatskappy in Brakpan op die been te bring?

My grootste droom was om ‘n huishoudelike naam in die sekuriteitsbedryf te word. Ek wil graag so bekend soos Handy Andy en Omo wees. En waar dan beter as Brakpan, waar die mense my reeds ken?

  • Hoe lank bestaan die besigheid nou?

Vanaf 1998. Ek het eers net wagte geplaas en het in 2008 besluit om ‘n gewapende reaksie-eenheid op die been te bring.

  • Waar sien jy jouself oor 10 jaar?

Ek glo nog in Brakpan. Ek wil regtig nie my land los en oorsee gaan bly nie. Ek is gelukkig hier.

  • Watter impak het Covid-19 op jou lewe?

Op hierdie stadium is ek gelukkig dat geen van my familielede nog die virus opgedoen het nie, maar van my vriende het wel. Mens besef nie hoe ernstig die virus is voordat dit mense na aan jou platgetrek het nie.

  • Dink jy die land (en wêreld) sal ooit weer dieselfde wees?

Nee, ek glo nie. Ek dink die skade is te groot.

  • Wat doen jy om positief te bly?

Ek bly besef hoe geseënd ek is. Ek het ‘n suksesvolle besigheid, die beste vrou onder die son en die beste seun wat eendag my nalatenskap sal oorneem en hopelik in my voetspore sal volg. (Hy het reeds begin).

  • Jy maak ook musiek. Vertel meer.

Waar begin ek? My pa het dromme gespeel en ek glo my liefde vir musiek en ritme kom van hom af. Ek en my seun is in ‘n orkes, En Kie, waar ons saam met verskillende mense optree, gewoonlik vir liefdadigheid.

Ek en my seun maak beurte op die kitaar en dromme.

  • Wat is jou gunsteling gereg?

Sedert ek baie gewig afgeskud het is my gunsteling gereg ‘n ‘klein gereg’, maar ek is ‘n man wat altyd ‘n braaivleisie sal geniet.

  • Kan jy self kos maak?

Nie eintlik nie, maar ek weet hoe om wegneemetes te bestel.

  • Waar hou jy graag vakansie?

Ek is ‘n bos mens wat die natuur en wild geniet, maar tyd by die see is ook vir my lekker.

  • Hoe voel jy oor mense wat op straathoeke bedel?

Hierdie is ‘n onderwerp waaroor ek vir ure kan praat. Ek voel vreeslik jammer vir ouer mense wat bedel.

Wat my vies maak is jong mense wat bedel om geld vir dwelmmiddels te bekom.

  • Wat maak Brakpan spesiaal?

Brakpan is maar Brakpan. Ek het al vele kere gesien hoe die gemeenskap kan saam staan indien nodig. Brakpan lê my na aan die hart. As dit nie vir die gemeenskap van Brakpan was nie sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button