Editor's noteLocal newsNews

In die kollig: Danike van den Berg

Danike is gekies vir ABS-produksies se Speeltoneel 2020.

Danike van den Berg (17), ’n graad 11-leerder aan die Hoërskool Stoffberg, het onlangs aan oudisies vir ABS Produksies se Speeltoneel 2020 deelgeneem. Sy is gekies en die aktrise Desire Gardner gaan as haar mentor optree. Danike woon saam met haar ouers, Danie en Nicky, en haar twee jonger susters, Deanné (14) en Kaylee (8), in Kenleaf.

Wat behels die oudisies?
Speeltoneel bied die geleentheid vir ons as jong kunstenaars om vir 12 maande lank aanlyn afgerig te word deur bekendes soos Desire Gardner. Na hierdie 12 maande staan al die deelnemers dan kans om in ’n kortfilm in Februarie 2021 te verskyn.

Wat was jou reaksie toe jy uitvind jy is gekies?
Ek was ongelooflik bly. Ek het weereens net besef dat ‘n mens nooit moet opgee en in jouself twyfel nie. Jy sal altyd die vrugte pluk van jou harde werk.
• Watter prestasies, waarop jy veral trots kan wees, het jy al bereik?
’n Paar hoogtepunte is toe ek in 2019 deurgedring het na die nasionale rondte van die Gauteng-redenaarskompetisie. Ek en ’n ander drama leerder in my skool, Milay Cornelius, het in 2019 die beker vir kultuurleerder van die jaar gedeel. Ek is ook trots om te sê dat ek hierdie jaar weer deur is na die nasionale rondte van Gauteng-redenaarskompetisie, in al vier van my afdelings, naamlik Afrikaans voorbereid, Afrikaans onvoorbereid, English prepared en English unprepared.

Het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?
My kop staan beslis nie net in een rigting nie. Ek gaan begin deur menslikebewegingskunde te studeer en daarna my honneurs in biologie doen.
Ek wil dan ook graag drama en sport afrig omrede my passie by albei lê.
Dis vir my ongelooflik om te sien hoe iemand groei in wat hulle doen en om dan daardie persoon by te staan.

As jy die tyd kon terug draai, sou jy enige iets anders doen?
Ek sou glad nie wou nie. Ek glo alles gebeur vir ’n rede, al weet ons nie altyd wat die rede is nie. Die verlede is agter ons vir ’n rede.

Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
Drama, netbal en liefdadigheidsprojekte. Voor die grendeltydperk het ek elke dag netbal geoefen saam met my eerstespan maats. Ek oefen nog daagliks en is pak ook nuwe projekte aan. Liefdadigheid is ’n groot deel van my lewe en ek kyk altyd uit hoe ek ander kan help. Ek en my vriend het ook onlangs ons eie klerereeks begin, Double D, so ons is ook daagliks besig om dit op te bou.

As jy een wens het wat bewaarheid sou kon word, wat sal dit wees?
Dat ek nooit my waarde sal vergeet nie. Ons as mens is geneig om onsself so vinnig te vergelyk met ander en dan kritiseer ons onsself onmiddellik.
Ons voel net nooit goed genoeg nie, so my wens sal wees dat ek ten alle tye onthou dat ek goed genoeg is.

Wie is jou gunsteling akteur/aktrise?
Definitief Kevin Hart.

Lees: Talentvolle sanger, danser sal Afrika in Croatia teenwoordig

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button