Dalview gimnasium betoog langdurige sluiting

Regoor die land het mense vir vyf sekondes lank hul motors se toeters geblaas.

Werknemers van die Vitafit Wellness Centre in Dalview het verlede Woensdag aan ‘n nasionale betoging deelgeneem in ‘n poging om die langdurige sluiting van gymnasiums onder die soeklig te stel.

Daar was ‘n brief aan president Cyril Ramaphosa gelees, waarin die bedryf met hom gepleit het om weer gimnasiums oop te maak.

Sedert die inperking in Maart aangekondig is, is die fiksheids- en gimnasiumbedryf onder geweldige druk geplaas, met duisende werknemers wat slegs ‘n gedeelte of selfs geen salaris ontvang het nie.

“Die protes het plaasgevind aangesien baie gimnasiums hul deure sal moet sluit as hulle nie binnekort toestemming van die president ontvang om weer oop te kan maak nie,” het Ronel Booysen, ‘n afrigter by die Vitafit Wellness Centre, gesê.

Lees: Eienaars van kleinsake ondernemings erg deur inperking geraak

“Duisende mense se werk regoor die land is op die spel.”

Ronel meen dat die veiligheid van lede verseker sal word deur elke persoon se temperatuur te neem en hul hande gereeld te ontsmet.

Maskers sal ook ten alle tye verplig wees.

“Ons sal ‘n besprekingstelsel op ons webblad in plek hê om te verseker dat daar nie meer as 50 mense in die gymnasium toegelaat word nie,” het sy bygevoeg.

“Ons gaan elke tweede oefenmasjien afbaken en sorg dat alle masjiene ten minste een meter uit mekaar is.

“Ontsmettingsmiddels sal oral in die gymnasium beskikbaar wees en alle toerusting sal na elke sessie ontsmet word.”

Ronel het bygevoeg dat oefening belangrik is vir ‘n persoon se immuunstelsel en geestesgesondheid.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version