Local newsNews

Ankers gee nie hul kultuurgees prys nie

Kultuuraktiwiteite gaan voort en word virtueel gedoen.

Hoe gemaak as die beperkings en maatreëls van Covid-19 alle aktiwiteite lamlê en tot stilstand dwing?

By Hoërskool Die Anker het die virus beslis nie die kultuurgees van die skool ingeperk nie.

“Ons het besluit om nie die impak van Covid-19 te voed en dit waarvoor ons lief is prys te gee nie,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.

“Kultuuraktiwiteite gaan voort en word virtueel gedoen. Deelnemers skryf soos voorheen in en stuur hul video opnames in, waarna dit beoordeel word,” het die woordvoerder verduidelik.

Onvoorbereide items word direk na die beoordelaar gestroom.

Hoërskool Die Anker het dan ook virtueel deelgeneem aan die interskole redenaarsliga wat onlangs plaasgevind het.

Sewe streke van oor die hele Suid-Afrika, wat sowat 53 skole insluit, met ongeveer 2 000 sprekers, het deelgeneem.

Deelnemende leerders van die Anker het goed gevaar en 11 van hulle het gekwalifiseer om aan die landswye nasionale kompetisie, wat op 5 September plaasvind, deel te neem.

Lees: Oud Stoffie is ‘n wynmaker van formaat

Die Anker se uitslae was soos volg: (die syfer na elke item is die persentasie wat behaal is)

• Graad 8:
Nachalee Creser: Afrikaans voorbereide redenaars (94), public speaking prepared (94), Afrikaans onvoorbereid redenaars (95), public speaking unprepared (93). Sy kwalifiseer vir nasionale deelname met Afrikaans voorbereid, public speaking prepared, Afrikaans onvoorbereid en public speaking unprepared.
Chanelle Liebenberg: Afikaans voorbereide redenaars (93) en kwalifiseer ook vir nasionale deelname in die item.
Ruan Smith: Afrikaans voorbereide redenaars (92.5).

Nachalee Creser.
Ruan Smith.
Chanelle Liebenberg.

• Graad 9:
Mario Do’Ofaustino: Afrikaans voorbereide redenaars (88), public speaking prepared (88). Hy kwalifiseer vir nasionale deelname met public speaking prepared.
Zander Welding: Afrikaans voorbereide redenaars (87), public speaking prepared (84). Hy kwalifiseer vir nasionale deelname met public speaking prepared.

Zander Welding.
Mario Do’Ofaustino.

• Graad 10:
Divan du Plooy: Afrikaans voorbereide redenaars (96), public speaking prepared (90.5). Hy kwalifiseer vir nasionale deelname met Afrikaans voorbereid en public speaking prepared.
Victor Naude: Afrikaans voorbereide redenaars (90), public speaking prepared (94). Hy kwalifiseer vir nasionale deelname met public speaking prepared.
Karien du Plessis: Afrikaans voorbereide redenaars (90.5).

Karien du Plessis.

• Graad 11:
Marjolandi Geyser: Afrikaans voorbereide redenaars (92), public speaking prepared (92). Sy kwalifiseer vir nasionale deelname met Afrikaans voorbereid en public speaking prepared. Majolandi het ook deelgeneem aan die Landswye ATKV DIGI-Praat redenaarskompetisie waar sy 89 persent behaal het.
• Rewaldo Stoltz: Afrikaans voorbereide redenaars (87), public speaking prepared (90). Hy kwalifiseer vir nasionale deelname met public speaking prepared.

Rewaldo Stoltz.

• Graad 12:
Ané de Bruyn: Afrikaans voorbereide redenaars (88), public speaking prepared (85). Sy kwalifiseer vir nasionale deelname met Afrikaans voorbereid en public speaking prepared.
• Shanika du Plooy is ’n graad drie leerder van die Laerskool Christiaan Beyers. Sy is onder die vaandel van Die Anker ingeskryf het het 95 persent vir Afrikaans voorbereide redenaars ontvang en daarmee ook gekwalifiseer vir nasionale deelname.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button