In die kollig: Leer vir Truzaan Niemand ken

Truzaan Niemand is in die kollig.

Truzaan Niemand (30), ‘n onderwyseres aan die Laerskool Dalview, is ‘n suksesvolle atleet in die fiksheidbedryf. Sy woon in Sunair Park saam met haar man, Jaco (34).

Ek het in 2014 met my fiksheidloopbaan begin. Vriende van my het my aan die sport bekendgestel.

Ek het aan my eerste kompetisie deelgeneem net om te sien of ek daarvan gaan hou en om eerlik te wees, dit was iets heeltemal anders.
Alhoewel ek nie ’n plek losgeslaan het nie, wou ek nie daar stop nie. Ek het besluit om ‘n afrigter te kry om my net ’n bietjie leiding te gee en na my eerste groot vertoning het ek ’n sesde plek uit 27 meisies behaal.

In 2015 het ek by The National Amateur Body Builders Association (Nabba) ‘n eerste plek uit nege meisies behaal waar ek ook my nasionale kleure ontvang het.
Ek het ook in 2015 by die Nabba en die World Fitness Federation (WFF) ’n derde plek uit agt meisies behaal. Dit was ook my eerste internasionale kompetisie.

Om gesond te eet is nie maklik nie, veral nie as jy in ‘n familie is wat lief is vir braai en lekkernye nie. Met elke vertoning was dit regtig moeilik, maar soos wat ek gevorder het, het ek tog geleer om myself af te skakel van alles wat om my aangaan. Ek het besluit om eerder op die doel voor my te fokus.

Die heel lekkerste is om daardie laaste week die skoenlappers in jou maag te voel. Jy sorg dat jou tan reg is en jy weet dat daar nog net ’n paar slapies is voordat jy vir amper 5 000 mense kan wys waarvoor jy so hard gewerk het. Dan is daar natuurlik die vooruitsig van ’n lekker groot stuk koek na die tyd.

Om ‘n koskeuse te maak in ‘n restaurant terwyl almal om jou lekker eet. Die laaste drie weke van voorbereiding vir ‘n kompetisie is ook net so uitdagend, aangesien jou liggaam op sy laaste energie strepie is. Benewens dit, moet ‘n mens ten minste ook elke dag drie ure se oefening vanaf Maandag tot Sondag inkry.

Jou dieet moet ses weke voor die kompetisie perfek wees, tot op die dag van die vertoning. Een verkeerde maaltyd kan jou hele ses weke terugsit.

Jou oefenprogram moet reg wees sodat jou liggaam die beste definisie op die verhoog toon. Dit is ook belangrik om jou waterinname dop te hou. Daar moet ook aandag gegee word aan ander detail soos jou kostuum, tan, hare en grimering.

Jy moet ook voorberei om reg te poseer op die dag van die kompetisie.

Ek verstaan die gevare rondom die huidige situasie, maar dié bedryf is op die punt van ‘n ineenstorting. Ek voel die regulasies wat ingestel is rondom die Covid-19 is baie onregverdig.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version