Motors brul deur woonbuurt

Die volgende bewegende motorskou sal op 6 September plaasvind.

Inwoners van Dalpark Uitbreiding Een het Sondagoggend vanuit die gemak van hul erwe meer as 80 voertuie en motorfietse van alle eras en fabrikate aanskou.

Daar was selfs ‘n Vaaljapie trekker en ‘n gerestoureerde Dennis brandweerwa.

Die indrukwekkende bewegende motorskou is deur die Just Wheels Motorklub georganiseer, om in ‘n mate op te maak vir die klub se jaarlikse motorskou wat vanjaar weens Covid-19 nie kon plaasvind nie.

Klublede het terselfdertyd ook kontantskenkings en donasies van nie-bederfbare voedsel asook klere van die inwoners van Dalpark Een ingesamel.

Dié items is aan Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak oorhandig, wat op hul beurt weer sal sorg dat dit by behoeftige gesinne van die dorp sal uitkom.

“Ons beskou ons eerste bewegende motorskou as ‘n groot sukses en ons wil ook die inwoners van Dalpark Een bedank vir die donasies wat hulle gemaak het,” het Bart Zaayman van Just Wheels gesê.

Hy het ook verduidelik dat die publiek kontant skenkings kon maak aan die voertuig van hul keuse en dit was die ou Dennis brandweerwa wat hier koning gekraai het.

Die volgende bewegende motorskou sal op 6 September plaasvind wanneer inwoners van Minnebron, Sunair Park en Sonneveld die geleentheid sal kry om die voertuie van nader te besigtig en ook bydraes vir behoeftige gesinne van die dorp te maak.

Indrukwekkende en buitengewone voertuie soos dié was onder die meer as 80 voertuie wat aan die bewegende motorskou deelgeneem het.
Magda Kotze, het op ‘n Vaaljapie deur die strate van Dalpark Een gery.
Yolandi Strydom staan hier by ‘n 1935 Chev, wat aan haar man Johan behoort. Die mooi Chev was maar een van vele voertuie wat te sien was.

Meer foto’s:

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version