Local newsNews

Motorskou kom na jou huis

Ons sal ook terselfdertyd nie-bederfbare voedsel, klere asook komberse insamel.

Die Just Wheels  Motorskou wat jaarliks duisende besoekers lok, is die jaar weens die Covid-19 Pandemie uitgestel.

Die skou, wat op die skoolgronde en ten bate van Muriel Brand Skool gehou word, is ‘n belewenis en beplanning vir vanjaar se skou was reeds in ‘n gevorderde stadium toe Covid-19 alles in die wiele kom ry het.

Die bestuur van die klub het egter besluit om die motorskou nou na die publiek te neem en Sondag skop die eerste been van die bewegende motorskou af.

Dit is veral inwoners van Dalpark Uitbreiding Een wat  hul vere solank moet reg skud maar die versekering word gegee dat inwoners van die res van die dorp nie oorgesien gaan word nie.

Bart Zaayman, van Just Wheels het verduidelik dat daar besluit is om  met ‘n bewegende skou (“Rolling Show’’) voort te gaan en sodoende steeds ‘n tipe van ‘n motorskou aan te bied.

Klublede sal Sondagoggend om 9vm by die klubhuis bymekaar kom en na ‘n kort erediens in ‘n konvooi na Dalpark Een vertrek.

Die voertuie sal deur die strate van die woonbuurt beweeg en die publiek sal die geleentheid kry om, vir ‘n donasie, ritte in die voertuie te geniet en selfs foto’s te neem.

“Ons wil ook graag hê dat die publiek vir hul gunsteling voertuig ‘n donasie moet gee, waarna ons bekend sal maak watter voertuig die gunsteling van die dag was,” het Zaayman gesê.

“Ons sal ook terselfdertyd nie-bederfbare voedsel, klere asook komberse insamel. Die items sal aan behoeftige gesinne van die dorp oorhandig word,” het Zaayman verduidelik.

Hy het bygevoeg dat ander woonbuurte van die dorp ook ‘n geleentheid sal kry om die groot verskeidenheid voertuie van die Just Wheels se klublede van nader te besigtig.

“Ons nooi al die inwoners van Dalpark Uitbreiding Een uit om Sondag vanaf 10vm reg te staan om ons klublede in hul voertuie te verwelkom en die projek te ondersteun,” het Zaayman gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button