Editor's choiceLocal newsNews

VIDEO: 60 Jaar van onvoorwaardelike liefde vir dié verliefde egpaar

Dié twee se geheim tot 'n suksesvolle huwelik is geloof, liefde, baie geduld en natuurlik respek. 

Miné Fourie minev@caxton.co.za

Sampie (89) en Josephine (78) van Wyk, het Woensdag ‘n baie besondere mylpaal in hul lewens bereik toe hulle, hul 60ste huweliksherdenking gevier het.
Die egpaar, wat al 25 jaar in Brakpan-Sentraal woon, het in 1960 ewige trou aan mekaar beloof in ‘n ou Apostoliese Kerk in Alberton.

Hul het mekaar die eerste keer in 1958 ontmoet toe Sampie en sy vriend, Joel Wessels (89) wat vandag oorlede is, gaan visvang het by die Vaalrivier.

Hul motor het onklaar geraak toe hul huiswaarts gekeer het.

Sampie onthou dat hy en Joel by ‘n woning gaan aanklop het vir hulp en net daar het hy die liefde van sy lewe ontmoet.

Vir Sampie was dit liefde met die eerste oogopslag, maar Josephine was nie van plan om so gou vir sy sjarme te swig nie.

Sampie moes haar ‘n paar keer uitneem voordat sy oortuig was dat sy die liefde van haar lewe ontmoet het.

Die egpaar is geseën met drie dogters, Landi du Toit (48), Nellie Roux (59) en Breggie Rabie (56), wat twee jaar gelede oorlede is.

Hul is ook dol oor hul kleinkinders waarvan hul agt het, asook hul vyf agterkleinkinders.

Sampie het vir 22 jaar by Standard Brass in Benoni gewerk waar hy ‘n ambag as ‘n patroonmaker  (patternmaker) gehad het.

Hy het in 1996 op pensioen gegaan.

Josephine het vir vier jaar as ‘n privaat sekretaresse en diktafoon tikster by die destydse Spoorweg se hoofkantoor gewerk.

Sampie en Josephine op hul troudag.

Die egpaar geniet nog goeie gesondheid.

Josephine is baie lief daarvoor om na musiek te luister  en  sy lees ook graag in haar vrye tyd.

Sy maak ook nog steeds self die huis skoon.

Sampie is ook nog op en wakker en werk self in die tuin en doen ook graag houtwerk.

Hy hou homself ook besig deur musiekinstrumente te speel en sing graag al die ou “Western” liedjies.

“Western” storieboeke is ook Sampie se gunsteling om te lees.

Vir sy vrou van die afgelope 60 jaar, het hy op hulle herdenking sy hart uit gegiet deur sy en Josephine se spesiale liedjie, Be Nobody’s Darling but Mine Dear – Gene Autry, vir haar te sing.

Dié twee se geheim tot ‘n suksesvolle huwelik is geloof, liefde, baie geduld en natuurlik respek.

Hul glo ook dat mens nooit kwaad vir mekaar moet gaan slaap nie dat probleme uitgesorteer moet word voordat dit tot onmin lei.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button