Editor's choiceLocal newsNews

Kinders se harte verbly op Mandela Dag

Kinders van die East Rand Children's Haven was lekker bederf op Mandela-dag.

Talle inwoners van die dorp het Saterdag, ten spyte van die uitdagings wat die inperking gebring het, steeds Mandela Dag gevier en 67 minute van hul tyd opgeoffer.

Een so ‘n inwoner is Ronél Olivier (51) van Oaklane Estate.

Ronél het lekkergoedpakkies gemaak vir die 20 inwoners van die East Rand Children’s Haven (10 seuns en 10 meisies).

“Kinders was altyd na aan oud president Nelson Mandela se hart en daarom het ek besluit om die kinders van die kinderhuis ook ‘n bietjie te bederf,” het Ronel gesê.

Ronél vertel dat sy en haar man, Boet (69) baie vriendelik ontvang is by die kinderhuis deur Betty Mtsheni (vaardigheidsontwikkeling assistent) en Tumi Batshameki (kindersorg werker).

“Hulle het dadelik die pakkies wat ons saamgeneem het ontsmet en ons is die versekering gegee dat die kinders dit na hul middagete sou kon geniet,” het Ronél gesê.

“Die kinders het diep in my hart ingekruip, ek voel ons almal kan ‘n verskil maak en net so nou en dan daar by hulle gaan inloer met ‘n roomys of ‘n koeldrank en ook ‘n bietjie met hulle te gesels “natuurlik wanneer dit weer toelaatbaar is,” het Ronél gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button