Editor's choiceLocal newsNews

In die Kollig

Dirk Pretorius is in die kollig.

Dirk Pretorius (66), ‘n onderwyser aan Laerskool Die Arend, het na baie jare in die onderwys die tuig neergelê. Hy en sy vrou, Alida (64), wat jarelange inwoners van die dorp is, het twee kinders, Jaco (34) en Ronel (31).

  • Waar is jy gebore en waar het jy groot geword?

Ek is in die Dalview Nursing Home (vandag die Life Dalview Hospitaal) gebore. Ek het in Benoni grootgeword, maar in 1976 het ek ‘n permanente Brakpan inwoner geword.

  • Waar het jou onderwysloopbaan begin?

Ek het in 1980 begin skoolhou by Laerskool Harmonie.

  • Hoe lank is jy nou al verbonde aan Laerskool Die Arend?

Sedert 1993 by Laerskool President Brand (wat later Laerskool Die Arend geword het). Ek was dus van die ontstaan van Laerskool Die Arend tot op hede by die skool. Daar was ‘n onderbreking van ses jaar waartydens ek ‘n suksesvolle kantoormeubelfabriek bedryf het.

  • Watter vakke het jy aangebied en vir watter graad?

Graad vier tot graad sewe, al die vakke behalwe Engels. My gunsteling vak was nog altyd natuurwetenskap.

  • Was dit tyd om af te tree of waarom het jy besluit om die tuig neer lê?

Ek het reeds verlede jaar Junie met pensioen gegaan, maar was daarna voltyds by die skool betrokke met berading vir ouers en leerders. Ek is tans nog daarmee besig alhoewel nie op ‘n voltydse basis nie as gevolg van die risiko’s rondom Covid-19. Met die aanbreek van die inperking moes ek noodgedwonge ophou om my passie uit te leef.

  • Indien jy die tyd kon terug draai, sou jy weer die onderwys as ‘n loopbaan gekies het?

Beslis. Die jeug van ons land lê my baie na aan die hart. Ek het dit geniet om kinders te leer en sal dit vir niks anders ruil nie.

  • Wat gaan jy die meeste van die onderwys mis?

Die leerders en my kollegas, want by Die Arend is ons deel van ‘n groter familie.

  • Wat gaan jy glad nie mis nie?

Boeke merk.

  • Is jy van mening dat skole ooit weer dieselfde sal wees na die Covid-19-pandemie die land getref het?

Nee, dit sal nooit weer dieselfde wees nie. Die speelveld het nou heeltemal verander. Miskien sal dit heelwat later ‘n klien bietjie verander, maar ek is van mening dat tegnologie in die aanbieding van onderrig in die toekoms ‘n groter rol sal speel.

  • Is daar n oomblik of gebeurtenis in jou loopbaan wat veral uitstaan?

Toe Marieta van Staden (oud-onderwyser) tydens ‘n opvoedkundige toer na die ou Oos-Transvaal so geskrik het vir ‘n klein slangetjie dat sy vir die hele spul kinders en vir my weg gehardloop het en heel eerste by die kamp aangekom het. Dit was ‘n heel onskuldige ou slangetjie. Dan was daar die jaar toe ek vyf stelle tweelinge in een klas gehad het.

  • Waarmee gaan jy jouself nou besig hou?

Ek hou my besig met tuisonderrig, waar ek ‘n tutorsentrum bedryf vir leerders van graad ses tot agt. Ek bied wiskunde klasse in die middae aan en dan doen ek ook berading vir ouers en kinders asook ander persone wat berading benodig.

  • Wat doen jy om te ontspan?

Ek is baie lief vir die natuur en hou van visvang en kuier saam met kollegas en vriende.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button