Local newsNews

Die Wolkskool bly gratis tot einde van 2020

Die Wolkskool het aanlyn-onderrig vir meer as 116000 leerders moontlik gemaak.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het tydens die inperking onderwys op verskeie terreine beskerm en ondersteun.

Skole en kleuterskole se regte om oop te maak is tot in die hof beveg, duisende onderwysers is opgelei om afstand-leer te optimaliseer en Die Wolkskool het aanlyn-onderrig vir meer as 116000 leerders moontlik gemaak.

Kontak-onderrig het weer vir baie leerders hervat, maar duisende leerders baat steeds by die Wolkskool se aanlyn klasse.

ʼn Verdere 1800 onderwysers gebruik tans Die Wolkskool se platform om hulle eie digitale klaskamers te bestuur, opdragte te plaas en terug te ontvang, en met leerders te kommunikeer.

Weens die finansiële druk op huishoudings en skole wat swaar getref is deur die Covid-19-pandemie, het die SOS besluit om Die Wolkskool tot aan die einde van die jaar gratis beskikbaar te stel vir alle leerders en skole.

Lees: Geskenke al brullend afgelaai

Volgens Valentyn van der Merwe, hoof van Innovasie by die SOS, sal Die Wolkskool Afrikaanse skole ‘n groot  hupstoot gee met hulle nuwe funksionaliteit wat onderwysers in staat stel om met leerders te kommunikeer, selfs dié wat nie skool kan bywoon nie.

“Tesame met die bestaande inhoud van meer as 4 000 videolesse, assessering en werkkaarte, skep Die Wolkskool ʼn uitstekende platform om vlakke van leer na nuwe hoogtes te neem.

“ Daar is meer as 1800 onderwysers wat reeds Die Wolkskool gebruik. Ons nooi alle onderwysers om tot die einde van 2020 hierdie funksies gratis te gebruik om hulle klaskamers te bestuur.

“Die SOS wil graag onderwysers ondersteun wat tans kontakklasse en aanlyn-onderrig tegelyk moet volhou.

“Ons bied terselfde tyd aan skole die geleentheid om ‘n nuwe manier van skoolgee te beproef, sodat hulle volgende jaar kan wegspring met tegnologie en gebruike wat reeds deur toplande suksesvol geïnkorporeer word,” het Van der Merwe gesê.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Related Articles

Back to top button