Gewapende rowers slaan toe by twee besighede in die dorp

Daar het ‘n skietery ontstaan en van die rowers is glo gewond.

Volgens inligting van die Brakpan SAPD is twee besighede in die dorp vroeër vanmiddag deur gewapende rowers geteiken.

Perry’s Supermarket, wat in Hendrik Potgieterlaan geleë is, was net voor 4nm die teiken van ‘n groep gewapende rowers.

Volgens inligting, wat nou net bekend geraak het, is Jamaica Wholesalers in Prince Georgelaan kort daarna beroof maar het daar ‘n skietery ontstaan en is van die rowers glo geskiet.

Op die stadium is dit nie bekend of dieselfde mense verantwoordelik was vir beide die voorvalle nie.

Meer inligting sal volg sodra die korrekte feite beskikbaar is.

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

Exit mobile version